Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3056 reviews.
"Mooi dorpie en lekker gekuier. Heerlik om daar rond te loop tussen interessante winkeltjies."
"Clarens se binnegoed ondergaan 'n gedaanteverwisseling wat niemand weet wat dit gaan oplewer in die toekoms. Sekere ongewenste elemente het dit reggekry om in te sypel oor die onlangse onsekere landsomstandighede. Clarens kort visie, maar sal altyd 'n unieke bestemming bly."
"A delightful little town with a lot to do. We are already planning another visit."
"In vergelyking met vorige kuiers daar kon mens die nadraai van Covid sien deurdat sommige besighede dit ongelukkig nie kon maak nie. Daar is egter baie tekens van oplewing deur middel van nuwe boupersele ens. Die omgewing rondom Clarens bv Golden Gate is 'n fees na die reën in die Vrystaat."
"Clarens het maar net ’n bekoring wat jou altyd laat teruggaan."
"Clarens het so biejie van sy sjarme verloor. Daar is 'n paar plekke wat toe gemaak het. Van die winkels het werklik mooi en oorspronklike goed. Dit is 'n lekker feestelike omgewing."
"Beautiful town with so much to do. You need at least a week and a half to experience the beauty, wonders and the art route experience. Wonderful restaurants too, family friendly and full of fun"
"Dit bly 'n asemrowende bestemming. Nie net is dit in 'n pragtige deel van ons land geleë nie, maar daar word baie interessante doendinge aangebied wat in almal se smaak sal voorsien."
"Lyk of die skoonheid van die dorp so bietjie agteruit gegaan het, maar seker verstaanbaar met die pandemie op hande."
"Clarens, waar om te begin, ek kan nie wag om terug te gaan nie, definitief een van my gunstelinge in SA!"
"Ons is mal oor Clarens dis so 'n aangename dorpie met restaurante uit die boonste rakke."
"Pryse is buitensporig. Mense oor die algemeen nie vriendelik en behulpsaam nie. Inwoners is duidelik geïriteerd met toeriste. Hulle besef skynbaar nie dit is hul brood en botter nie. Clementines Restaurant kan hoog aanbeveel word vir top gehalte kos, aangename atmosfeer, goeie diens en billike pryse."
"Die dorp het baie agteruit gegaan en die gebrek aan toeriste inligting is 'n leemte wat tog maklik iets aan gedoen kan word."
"Dit is hoekom ek altyd terugkeer na Clarens. Altyd lekker vir so 'n wegbreeknaweek."