Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3056 reviews.
"Lieflike naweekplek. Ons gaan elke jaar oor die tyd. Bly om te sien daar is baie nuwe plekkies."
"Ons het die dam geniet. Daar is ook baie staproetes. Die dorpie is pragtig en daar is die pragtigste goed om te koop wat jy nerens anders sal kry nie. Die berge is asemrowend. Daar is restaurante om van te kies en keur. Pragtige dorpie!"
"Pragtige dorpie vir veral diegene wat die natuur en kuns waardeer. Die oulikste winkeltjies om in rond te snuffel."
"Far enough away from Johannesburg to feel like a holiday, but not so far that you are exhausted from the drive. The restaurants serve excellent food, with craft beer and gin in ample supply. Quaint shops and galleries, in a tranquil mountain setting."
"Gosto Restaurant was uitmuntend met puik kos en vermaaklikheid. Sal enigiemand aanraai om daar 'n draai te maak. Clarens is 'n puik dorpie vir toeriste of sommer net 'n dag uit die stad."
"Clarens is seker een van die mooiste dorpe om te besoek. Ek hoop Clarens kan in die toekoms die versoeking weerstaan teen groot kettingwinkels, want dit is juis die feit dat dit klein en oulike, meestal selfgemaakde produkte in die winkels is wat bydrae tot die dorp se unieke atmosfeer. Die dorp is ook geleë in 'n gedeelte van die land met die mooiste natuurskoon."
"Shops too expensive for pensioners. Prices, even in the restaurants seems to cater for people with foreign currency. The loud drum music played in the main square until late on Saturday night. It spoiled my weekend which started off peacefully. Maybe this town only caters for the younger generation."
"They had a festival there this weekend, Clarens is for the arts and tasteful entertainment, not a loud music festival."
"Clarens en omstreke is 'n pragtige omgewing en gelukkig was die dorp self ook skoon, dit lyk egter of Golden Gate park se wild verdwyn het, die toegangbeheerhekke op die hoofpad lyk ook verskriklik, dis glad nie 'n goeie advertensie vir 'n toeris nie, dit lyk of die plek gestroop word."
"Die dorp self bied net genoeg om jou besig te hou. Die omgewing is besonders mooi met baie baie interessante berg formasies. Daar is 'n paar goeie restaurante om te probeer en ook die Golden Gate Nasionale Park in die onmiddellike omgewing."
"A wonderful village with awesome eateries, brewery and distillery. Sandstone Estate 50 minutes away was a superb hidden gem."
"It's a lovely little town for a relaxing weekend. They could have a few more restaurants open for the evenings."