Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3007 reviews.
"They had a festival there this weekend, Clarens is for the arts and tasteful entertainment, not a loud music festival."
"Clarens en omstreke is 'n pragtige omgewing en gelukkig was die dorp self ook skoon, dit lyk egter of Golden Gate park se wild verdwyn het, die toegangbeheerhekke op die hoofpad lyk ook verskriklik, dis glad nie 'n goeie advertensie vir 'n toeris nie, dit lyk of die plek gestroop word."
"Die dorp self bied net genoeg om jou besig te hou. Die omgewing is besonders mooi met baie baie interessante berg formasies. Daar is 'n paar goeie restaurante om te probeer en ook die Golden Gate Nasionale Park in die onmiddellike omgewing."
"A wonderful village with awesome eateries, brewery and distillery. Sandstone Estate 50 minutes away was a superb hidden gem."
"It's a lovely little town for a relaxing weekend. They could have a few more restaurants open for the evenings."
"Mooi dorpie en lekker gekuier. Heerlik om daar rond te loop tussen interessante winkeltjies."
"Clarens se binnegoed ondergaan 'n gedaanteverwisseling wat niemand weet wat dit gaan oplewer in die toekoms. Sekere ongewenste elemente het dit reggekry om in te sypel oor die onlangse onsekere landsomstandighede. Clarens kort visie, maar sal altyd 'n unieke bestemming bly."
"A delightful little town with a lot to do. We are already planning another visit."
"In vergelyking met vorige kuiers daar kon mens die nadraai van Covid sien deurdat sommige besighede dit ongelukkig nie kon maak nie. Daar is egter baie tekens van oplewing deur middel van nuwe boupersele ens. Die omgewing rondom Clarens bv Golden Gate is 'n fees na die reën in die Vrystaat."
"Clarens het maar net ’n bekoring wat jou altyd laat teruggaan."
"Clarens het so biejie van sy sjarme verloor. Daar is 'n paar plekke wat toe gemaak het. Van die winkels het werklik mooi en oorspronklike goed. Dit is 'n lekker feestelike omgewing."
"Beautiful town with so much to do. You need at least a week and a half to experience the beauty, wonders and the art route experience. Wonderful restaurants too, family friendly and full of fun"
"Dit bly 'n asemrowende bestemming. Nie net is dit in 'n pragtige deel van ons land geleë nie, maar daar word baie interessante doendinge aangebied wat in almal se smaak sal voorsien."
"Lyk of die skoonheid van die dorp so bietjie agteruit gegaan het, maar seker verstaanbaar met die pandemie op hande."
"Clarens, waar om te begin, ek kan nie wag om terug te gaan nie, definitief een van my gunstelinge in SA!"
"Ons is mal oor Clarens dis so 'n aangename dorpie met restaurante uit die boonste rakke."