Geverifieerde Resensie
Drakensberg, South Africa
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg, South Africa bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4382 resensies.
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Rooikat Cottage"Sou nogal meer self-gemaakte, gekeurde kunsitems wou sien."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Rosewood Corner"Fantastic destination, had an awesome time there. We also stayed at Sediba Lodge which was a great place. Matt was also a fantastic host will be back. Enjoyed the shops and spent lots of money buying beautiful things. My favourite shop was the candle shop and Clarens Rocks. Very peaceful and tranquil place to go on holiday. People are very friendly and helpful."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
De Lusthof Guest Farm"Clarens is 'n kuierdorpie. Baie winkels is interessant om na te kyk en 'n mens kry gewoonlik nie tyd om so te kuier in 'n dorp op 'n gewone naweek by die huis nie. Daar is ook 'n paar stalletjies langs die pad wat ons geniet het. Golden Gate was ook fantasties om weer te sien."
Underberg, Drakensberge, Suid-Afrika
Meadow Lane Joy Cottage"Fantastiese omgewing. Dorp se strate lyk vervalle."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Larola Terraces"Die Sondagoggend-kerkdiens om 6:15 was die hoogtepunt oor die Paasnaweek. Ons het tuis gevoel tussen al die vriendelike mense en tee en hot cross buns na die diens geniet. Baie dankie aan al Clarens se mense wat dit spesiaal gemaak het."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Accommodation @ The Spa"Clarens is 'n wonderlike plek om te gaan vir 'n langnaweek. Die mooi natuur en rustigheid doen die siel goed. Dit is een van my en my man se gunsteling-bestemmings."
Champagne Vallei, Drakensberge, Suid-Afrika
Hill Billy's Self-Catering Accommodation - Unit 1"Absolutely magnificent. The scenery is amazing."
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Sandstone Chameleon Guest House"Die diens by al die eetplekke in Fouriesburg was uitstekend. Kan nie dieselfde sê van Clarens!"
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Twin Towers @ Fairview Estates"Fouriesburg is klein, maar ons het die padstalle baie geniet. Dit is naby genoeg om vir die dag Clarens toe te ry en ons het Clarens baie geniet. Brandstof mag dalk 'n probleem wees op Fouriesburg en Clarens (as jou motor 95 benodig) dan sal jy eers weer op Bethlehem of Ficksburg kan kry."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
The Courtyard Guest House"Clarens is puik. Dit was 'n baie goeie ervaring. Golden Gate was vir my baie wonderlik."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Knock Out View"Pragtige dorpie. Sou nog langer wou bly! Ideale plek vir 'n romantiese wegbreek!"
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Sandstone Chameleon Guest House"Dorpie was 'n verrassing. Netjies en skoon. So baie plattelandse dorpies lyk deesdae onversorg en gee die idee van agteruitgang. Fouriesburg was die teendeel."
Underberg, Drakensberge, Suid-Afrika
Pennygum Country Cottages"Pragtige dorpie aan die voet van die Drakensberg. Dis asof tyd daar stilstaan. 'n Paradys vir stappers, voëlkykers en fietsryers. Ek wil weer gaan as ons meer tyd het om alles rustig te beleef."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Cottage Pie"Ons vierde besoek aan Clarens en steeds 'n aangename bestemming."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Rosewood Corner"Love the natural beauty of the area. Clarens is a must for folk who like to shop in quaint little shops. "
Mooi River, Drakensberge, Suid-Afrika
Wild Berry Guest Farm"Mooirivier is 'n pragtige plek maar die munisipaliteit sal iets moet doen omtrent die strate."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Knock Out View"Ideale plek om te kom uitspan. Lekkerste eetplekke en baie koopplekke. Die omgewing en natuurskoon is onbeskryflik."
Van Reenens Pass , Drakensberge, Suid-Afrika
Pyramids Motel"Die ingang na die motel sit op 'n draai, verkeer is baie, en is moeilik om in die verkeer in te kom."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Knock Out View"Pragtige dorpie, rustig en alles wat jou laat vergeet van al die stres by jou werk."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Fairview Cottages"Clarens is 'n pragtige plek met baie om te sien en baie plekke om te eet en kuier. Sal wragtig weer gaan."
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Arpa Guest and Trout Farm"We loved the little town, it is very relaxing and friendly people."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
De Ark Mountain Lodge"Baie interessante dorpie. Aangenaam om daar rond te loop en alles te besigtig. Kan pragtige aandenkings en ander artiekels aankoop. Oulike resturante, veral die heerlike wafels, pannekoeke en melkskommels!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
The Courtyard Guest House"Dit was ons 4de besoek en daar was elke keer iets nuuts te sien!"
Champagne Vallei, Drakensberge, Suid-Afrika
Hill Billy's Self-Catering Accommodation - Unit 1"Dit is die mooiste vallei in die wêreld. 'n Skoonheid wat jy nie kan beskryf nie. Eet by die plaaslike koffiewinkel, gesels met die plaaslike mense, leer die vallei ken. Dis enig in sy soort en as dit in jou bloed is, kom jy terug en terug. "
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Rooikat Cottage"Wens net ek het meer geld gehad om uit te gee op al die mooi goete wat my ogies gesien het. Dit is 'n wonderlike plek met al die nodige fasiliteite."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
RiverWalk Guest House"Pragtige dorpie met die lekkerste snuffelwinkels. Het 'n plaasgevoel ervaar met al die windpompe en kuierplekkies daar."