Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3180 resensies.
"As jy nog nooit in die Wildtuin was nie, gaan kuier in Dinokeng. Dis regtig elke sent werd."
"Ons was te kort daar om sinvol kommentaar te lewer maar die indruk met deurry was netjies. "
"Pretoria-Oos is goed geleë en jy kan enige rigting ingaan van daar af."
"Die een ding wat my wel gepla het, is dat Beka Idube buite die Dinokeng Natuurreservaat val. Ons voel dat ons bietjie om die bos gelei is omdat ons gedink het dat ons binne/naby die reservaat gaan tuisgaan. Dit val wel binne die 'Greater Dinokeng area" - wat eintlik nogal groot is. Ons is baie lief vir die Dinokeng Natuurreservaat en het spesifiek gesoek vir blyplek binne die reservaat; Beka IDube was amper 40 km via 'n grondpad na die Dinokeng Natuurreservaat se "self drive" area. Ons voel dat dit dalk meer promenent op die beskrywing behoort te wees."
"Linden is gerieflik naby die dinamiese gewoel van Johannesburg, maar lieflik groen, rustig en merkwaardig vriendelik. Mettertyd maak 'n paar interessante winkeltjies en restaurante hul verskyning, en Linden word beslis al meer 'n bestemming in sy eie reg. "
"Ons het nie groot wild gesien nie, so ek dink daar is te min. 'n Mens ry ook nogal baie onder kragkabels, iets wat ek voor die tyd sou wou weet. "
"Was heerlik om self rond te ry en wild te gaan kyk en ons sal weer gaan! Goeie waarde vir geld! Het baie wild gesien, behalwe olifante, maar hopelik volgende keer. "
"Nothing can actually change there. The only thing I would say is: Please don't drop the standard, keep it up!"
"Lekker, unieke en interessante eetplekke en winkeltjies om elke hoek en draai."
"Was baie droog agv van watertekort en droogte. Cullinan is 'n pragtige ou myndorp. "