Geverifieerde Resensie
George
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in George bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1021 resensies.
"George bars uit sy nate uit. Lyk my die hele Gauteng wil hierheen kom vir vakansie. Ek is ook van plan om hier te kom aftree. So ek kan myself nogals in George sien. Baie ontwikkeling wat plaasvind getuig van DA beheerde Munisipaliteit wat funksioneel is. Uitstekende mediese sorg is byderhand."
"Heerlikste plek in SA om vakansie te hou. Sal enige tyd als in Gauteng opgee om daar te gaan bly."
"George is 'n pragtige area. Ons het die Aarbei Plaas: Redberry Farm besoek en dit was die moeite werd. Baie gewilde bestemming en die kos was baie aangenaam."
"Dit is baie skoon en almal is baie vriendelik. George is 'n pragtige plek. Hou so aan."
"Ons het George as 'n vriendelike dorp ervaar wat toeriste baie goed aanvaar."
"George is 'n pragtige, skoon en netjiese dorp wat lekker sentraal geleë is tussen al die kusdorpies. Die boemelaars kan egter 'n groot probleem word indien die situasie nie aangespreek word nie."
"Ek raak nooit moeg vir George en die omgewing nie, soveel om te doen en sien!"
"George is 'n baie rustige plek, net 'n entjie van die strand af maar ook nie te erg nie."