Geverifieerde Resensie
Hopetown
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hopetown bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 189 resensies.
"Heerlike oornaggeriewe, maar onprakties vir lang verblyf. Dis 'n veilige, mooi versorgde plek."
"Hopetown is 'n gemaklike oorslaap plek op pad noorde of suide toe. Dalk kan mens 'n dag langer vertoef om sterre op die koppie te gaan kyk."
"Die dorp toon tekens van vernuwing, maar die strate is vuil en onversorg. Ek glo wel Covid het hier 'n baie erge effek gehad en hoop dat dit mettertyd weer sal verbeter. Ons kuier graag op klein dorpies en glo dat ons so 'n bydrae lewer tot die heropbou van gemeenskappe. Ons beste wense vir Hopetown se gemeenskap."
"Soos meeste van die dorpies is dit maar klein en kom verwaarloos voor - kan nie die water drink nie, paaie is swak ens. Ons het nie kans gehad om besienswaardighede te besoek nie, want dit was 'n vakansiedag."
"It is a very small town and has not much to offer. It's a convenient stopover from Cape Town to Pretoria/Brits. The restaurant at "Die Stalle" might not look like much but the food (and cold beer) was amazing."
"Mens dink dis 'n agter dorpie, maar glad nie. Hulle OK Express winkeltjie is uitstekend en skoon."
"Die Stalle se kos was lekker, maar die diens pateties. Ons het 2 ure gewag vir ons kos. Die dorpie is netjies."
"Hopetown is maar klein en op die vakansiedag was niks oop teen ons daar gekom het nie."