Geverifieerde Resensie
Jongensfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jongensfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 134 resensies.
"Pragtige vakansie-bestemming vir oud en jonk. Baie om te doen en die seelewe is baie interessant!"
"Jongensfontein is beeldskoon en rustig. Lekker stand vir kinders, visvangplekkies en kan heerlik gaan stap. "
"Die klein winkeltjie en restaurant is buite seisoen nie baie great nie, maar Stilbaai het alles en meer wat jy nodig het."
"Jongensfontein is beslis vir mense wat die kleindorp-gevoel van die kus waardeer. Rustig en pragtig- hier is pragtige uitsigte as jy gaan stap, lekker visvang plekkies en baie speelplek vir die kinders. Die winkel, drankwinkel en restaurant is is stapafstand van omtrent al die huise af. Groot winkels en vermaak is 10 minute weg in Stilbaai. Beslis een van my gunsteling vakansie-bestemmings!"
"Hou van die plek, het 'n massiewe mussel cracker gevang, so is 'n happy chappie."
"Lovely, peaceful and relaxing! Beautiful scenic surroundings with awesome views!"
"Pragtige plek, stil en die see alomteenwoordig. 'n Ware juweel!"
"Pragtige dorpie wat naby genoeg aan Stilbaai is om gou-gou die nodigste te kan gaan koop as jy iets nodig het. Veilig vir kinders en hul bied ook aktiwiteite vir die tieners aan. Sal definitief weer daarheen gaan."
"Jongensfontein is 'n ongelooflike plek. Komplimente vir die bestuur van Jongensfontein wat dit in so 'n netjiese en skoon plek hou."