Verified Reviews
Jongensfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jongensfontein
Rated 4.8 out of 5 based on 123 reviews.
"Jongensfontein is beeldskoon en rustig. Lekker stand vir kinders, visvangplekkies en kan heerlik gaan stap. "
"Jongensfontein is beslis vir mense wat die kleindorp-gevoel van die kus waardeer. Rustig en pragtig- hier is pragtige uitsigte as jy gaan stap, lekker visvang plekkies en baie speelplek vir die kinders. Die winkel, drankwinkel en restaurant is is stapafstand van omtrent al die huise af. Groot winkels en vermaak is 10 minute weg in Stilbaai. Beslis een van my gunsteling vakansie-bestemmings!"
"Lovely, peaceful and relaxing! Beautiful scenic surroundings with awesome views!"
"Pragtige plek, stil en die see alomteenwoordig. 'n Ware juweel!"
"Pragtige dorpie wat naby genoeg aan Stilbaai is om gou-gou die nodigste te kan gaan koop as jy iets nodig het. Veilig vir kinders en hul bied ook aktiwiteite vir die tieners aan. Sal definitief weer daarheen gaan."
"Jongensfontein is 'n ongelooflike plek. Komplimente vir die bestuur van Jongensfontein wat dit in so 'n netjiese en skoon plek hou."
"Jongensfontein is 'n pragtige skoon en netjiese dorp wat jou alles bied, die mense is vriendelik waar jy ookal gaan. Die see en strand is naby, stap geleentheid, stilte en om te gaan visvang is geen probleem nie, fietsry of draf is toegangklik. Jongensfontein het 'n lang geskiedenis wat ons opgelees het in 'n boek by Leben Seehuisie, voorwaar iets besonders. ons hoop nie die dorp gaan te veel uitbrei nie!"
"Ons hou van private strande, min mense en nie baie winkels nie. Die natuurskoon is pragtig!"
"Skoon en netjiese dorp. Ek het waardering vir die munispaliteit en die mense van Jongensfontein wat moeite doen om hulle dorp netjies en skoon te hou. Die dorp lyk ook nie 'moeg' nie."