Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 3635 reviews.
"Tans baie padwerke, maar dit is in 'n besondere deel van ons provinsie en bied oulike eetplekkies en kunsvlytwinkeltjies."
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
Eldorado Self-Catering Country House"Pragtige wynlandgebied en 'n uitstekende gebied vir toerisme."
"Vanaf Rawsonville het ons uitgery na Paarl, Franschhoek en die hele omgewing plat getoer. Lekker sentraal geleë!"
"Ons woon al 7 jaar in die Kaap en wou nog altyd McGregor besoek. Omdat dit nie op enige hoofroete geleë is nie, het ons verskeie kere verbygery en nooit afgedraai nie. En daarin lê die dorpie se bekoring. Jy moet 'n klein bietjie moeite doen om daar uit te kom (as mens die 20 km van Robertson af as moeite kan beskou), maar jy word beloon met 'n rustigheid wat moeilik te vinde is ."
"Robertson is 'n ongelooflike mooi dorp en die omliggende wynplase maak dit 'n droomvakansie. Dit is ook naby genoeg aan Struisbaai vir 'n daggie by die see of Worcester indien die winkels jou roep. "
"Eseltjiesrus se donkies maak mens se hart sag! Lord's wyne en McGregor wyne was net so lekker. Vriendelike mense, ons kom weer."
"I love going to Montagu, I have been going for 3 years now. My children also love it. It is tranquil and has a lot to offer families with children."
"Pragtige dorp! Skoon! Vriendelike mense en plek om mens se batterye te herlaai."
Stellenbosch Central, Cape Winelands
Boschhuis Apartments – Stellenbosch"'n Unieke omgewing en spesiale atmosfeer met heerlike restaurante, interessante winkels en kunsgalerye. By dit alles 'n wonderlike botaniese tuin alles loopafstand!"
Stellenbosch Central, Cape Winelands
Eendracht Hotel"Ek sal weer en weer terugkom, ons beplan alweer ons volgende wegbreek."
"Dit 'n baie mooi, rustige en veilige omgewing wat vir 'n natuurliefhebber, wat van 'n landelike uitsig in 'n luukse gastehuis hou, besonder van waarde is. "
"Love Montagu - the mountains people - just everything. The road works are a bit of a pain but once completed will be great."