Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 3721 reviews.
"Baie sentraal om die platteland (Boland) te verken en beskik oor die nodige winkels vir basiese benodighede. 'n Vyfsteratletiekbaan [1 van net 3 in ons land) waar ons seun kon oefen. Goeie restaurante net buite die pragtige dorpie."
"Die plek is ideaal geleë vir toeriste wat na 'n bedrywige dag wil gaan rus. Die kliëntediens in al die winkels was uitsonderlik goed. Dis van die min plekke waar 'n mens nog kliphard gegroet word. Dit is 'n vriendelike dorp waar 'n mens goeie vriende kan maak."
"Iets van alles: natuur in die dorp, goeie museums, mooi kerkgebou, goeie eetplekke en lekker droë perskes."
"Klapmuts het heelwat wynplase. Die vlinderplaas is 'n moet en as jy iets vir onthaal nodig het, is daar 'n Checkers en drankwinkel so 3 km van die plek af. 'n 24 uur-Pick 'n Pay is ook by die vulstasie beskikbaar."
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
La Montagne Lodge"Riebeek-Kasteel is reeds een van my gunstelingbestemmings in die Wes-Kaap. Ek is bly ek het besluit om dit met familie van Gauteng te deel."
"McGregor het aangename teetuine. Daar is genoeg winkels om die nodige voorraad te kry, maar die gebrek aan kettingwinkels gee nog die plattelandse gevoel. Die dorp se hoofstraat is mooi."
"Die historiese gedeelte van die dorp is 'n besoek werd. Dis net jammer vir al die sekuriteitsheinings. Sou graag die ou NG Kerk se binnekant wou sien, maar alles was agter slot en grendel. Die Kleinplasie-museum en dorp se Klein Karoo-natuurtuin is beslis 'n besoek werd."
"Springfields Wine Estate was our favourite spot and is a definite must visit for any tourist visiting Robertson. "
"Stellenbosch is my alma mater, so ek sal altyd 'n sagte plekkie vir die dorp hê. Dit bly vir my 'n mooi universiteitstad - vandag 'n gebalanseerde mengelmoes van ou goed en moderne ontwikkelinge."