Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3737 resensies.
Stellenbosch Sentraal, Kaapse Wynlande
de Oude Meul Guest House"Groot lawaai van mense en veral motors tot laatnag en weer vroegoggend."
"Werk aan die strate bemoelik dit om rond te ry, hoewel dit seker noodsaaklik is. "
"Baie mooi dorpie met vele besienswaardighede en inkopiesgeleenthede. Gerieflike wegspringpunt na baie bestemmings as mens op 'n vakansie reis is. "
"Pragtige dorpie met oulike winkeltjies, galerye en koffiehuise / restaurante. Die natuur en omgewing is pragtig - Lords Wynkelder is 'n belewenis, asook die lodge/ restaurant / trouvenue met panoramiese uitsigte. Eseltjies by Esetjiesrus raak aan mens se hart. Pragtige huise en geboue!"
"Klapmuts is 'n landelike gebied met plase en kleinhoewes. Daar is wel 'n dorpsgedeelte met meer as een supermark (een daarvan, Pick n Pay Express wat deurnag oop is) en brandstof. Daar is baie toeristebestemmings binne 15 minute vanaf Klapmuts. Die enigste waarskuwing: die grondpaaie af van die hoofroetes vra geduld en respek. "
"Beautiful, quaint little town with galleries, coffee shops, wine tasting - all in one street."
"Ons was hier vir 'n troue. Was 4 km weg van die venue af, polisie is baie erg op gaste wat nie van die omgewing af kom nie. Daar is definitief 'n mark vir meer vervoermaatskappye wat gaste optel en aflaai. Maak vervoer van en na 'n bestemming opsioneel - veral as dit vir spesiale okasies is. Vir 'n "plaasdorp" is die polisie erger as in die stad self. Stuur hul bietjie stad toe, ons het hul in die stad meer nodig. Andersins sal ek more Rawsonville toe trek as ek kon."
"Not enough time in Stellenbosch and surrounds. We will be back to explore and experience more fully what the area has to offer."
"Nice, but very touristic and many noisy students. The surrounding areas however are beautiful."
"Mooi geleë tussen die berge. Uitsigte wat jou tevrede laat, wyn, droë vrugte, rustigheid - hier mag 'n mens maar bly! "