Resensies van Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.51 uit 5 gekry volgens 2604 resensies.
Christelle W. - 28th May 2018
staying in Durbanville, Kaapstad
Wat 'n pragtige plek.
Michelle L. - 25th May 2018
staying in Bloubergrant, Kaapstad
Definitief 'n moet-sien dorpie langs die Kaapse kus!
Henriette W. - 23rd May 2018
staying in Kaapstad Middestad, Kaapstad
Pragtige geboue, ryk geskiedenis. Was gek oor die Kompanjiestuin en omliggende museum en gallery. Die restaurante en atmosfeer is enige dag gelyk aan oorsese stede!
Lynn S. - 22nd May 2018
staying in Goodwood, Kaapstad
Simply love the location and the accommodation. Extremely satisfied. Will definitely recommend.
Gerhardus K. - 22nd May 2018
staying in Bellville, Kaapstad
Bellville is gerieflik naby alle groot winkels en hospitale.
Jacomi H. - 22nd May 2018
staying in Vishoek, Kaapstad
Lekker verby! Tog stil en rustig.
John S. - 21st May 2018
staying in Kalkbaai, Kaapstad
Kalkbaai het aangenaam verras en is definitief weer op ons lys.
Riaan E. - 21st May 2018
staying in Woodbridge Island, Kaapstad
Onverbeterlik!
Marietjie O. - 21st May 2018
staying in Kaapstad Middestad, Kaapstad
Pragtig soos altyd.
Johan P. - 21st May 2018
staying in Durbanville, Kaapstad
Volgens my: Ver van lawaai, bo-gemiddelde woongebied waar geen minibus taxi's rondry nie en geen straatlopers nie. Naby alle kerke, winkelsentrums met alles wat winkelsentrums bied. Keuse van restaurante werklik baie wyd. Kaap is goedkoop behoort hul leuse te wees. Vrugte, groente, kruideniersware is alles goedkoper as Ooskus (Umhlanga en noord) en ook goedkoper as wesrand. Vir die persone laat dertig en ouer is dit die beste plek om te wees. Veilig en aktiewe privaatsekuriteitsdienste wat gereeld in omgewing gesien word.
Jaco C. - 21st May 2018
staying in Fresnaye, Kaapstad
Sentraal geleë an naby hoofroetes vir toerisme asook werk in die stadskern.
Ruaan J. - 21st May 2018
staying in Big Bay, Kaapstad
Great plek baie lekker en mooi.
Amanda B. - 21st May 2018
staying in Durbanville, Kaapstad
Mens slaap oor in Durbanville om die res van die Kaap te sien.
Karen J. - 21st May 2018
staying in Kampsbaai, Kaapstad
Lekkerste eetplekke!
Sonet C. - 19th May 2018
staying in Vishoek, Kaapstad
Baie mooi en skoon. Al die nodige winkels is daar. Vir ouer mense en ouers met klein kinders is dit awesome, maar vir ouers met tieners is daar min om te doen.
Jacobi B. - 18th May 2018
staying in Vishoek, Kaapstad
Vishoek is 'n baie skoon dorpie en mense is vriendelik en veilig. Ons was oor Houtbaai toe en was geskok. Die hawe-gedeelte is verskriklik vuil, ons wou op die ou end nie eers daar eet nie, want die gebied het ons afgesit. Vishoek is skoon en baie sentraal geleë en ons het die voorreg gehad om die red tide te kon sien. Amazing!
Johanna G. - 17th May 2018
staying in Muizenberg, Kaapstad
Ek persoonlik is baie lief vir daardie area van die Kaap. Dit het 'n spesiale atmosfeer en 'n kultuur van sy eie. Die diversiteit is vir my 'n pluspunt. Die uitbreiding van die Capricorn Winkelsentrum is 'n pluspunt, alles dus in minder as seker 3 km. Die restaurante se spyskaarte is diverse en maak voorsiening vir alle behoeftes.
Easlynne C. - 17th May 2018
staying in Gordonsbaai, Kaapstad
Die plek om te rus.
Babette V. - 16th May 2018
staying in Pinelands, Kaapstad
Dis 'n pragtige area!
Anna H. - 16th May 2018
staying in Parow, Kaapstad
Baie sentraal en veilig!
Arlett D. - 16th May 2018
staying in Kampsbaai, Kaapstad
Cool vibe in Kampsbaai en naby al die vernaamste besienswaardighede in die Kaap!
Pieter V. - 16th May 2018
staying in Big Bay, Kaapstad
Alles wat nodig is sommer so op jou voorstoep, dit is 'n pluspint, jy hoef nie jou bakkie op te start om iets te gaan koop nie, alles is sommer lekker stapafstand, dit is net jammer jou bure is so bietjie naby aan jou, maar dis nou maar komend van 'n plaasjapie. Nee wat, Big Bay is sommer Big man, nice.
Nelis Z. - 15th May 2018
staying in Rondebosch, Kaapstad
Pragtige area met baie mooi uitsigte oor die berge.
Willem R. - 14th May 2018
staying in Table View, Kaapstad
Kies net die regte dag om op te gaan, anders gaan jy niks sien van bo af nie. Mistigheid wat dit veroorsaak.
Sibongile N. - 11th May 2018
staying in Plattekloof, Kaapstad
There is a need for a shuttle, especially to people who has no means of transport at the time of visit. Or those not allowed to drive due to general condition. Or there are contact nrs for available means of transport.
Elize D. - 11th May 2018
staying in Gordonsbaai, Kaapstad
Lieflike plek.
Veronica Z. - 10th May 2018
staying in Claremont, Kaapstad
Very near suburb and all shops needed are walking distance.
Suzette G. - 10th May 2018
staying in Kaapstad Middestad, Kaapstad
Omdat ons die Kaap ken, was dit nie vir ons 'n probleem met die geraas of enige iets daar nie. Alles was lekker en ons het ons aand geniet.
Vernon B. - 10th May 2018
staying in Brackenfell, Kaapstad
Gemaklike toegang tot alle groot attraksies. Omgewing is rustig en voel veilig.
Genene O. - 8th May 2018
staying in Flamingovlei, Kaapstad
Dis' n pragtige stil area. Gaan enige tyd soontoe wegbreek om te rus.
Linnie V. - 8th May 2018
staying in Gordonsbaai, Kaapstad
Dit is 'n pragtige baai met die berge wat jou omring as jy met jou voete in die heerlike seewater staan wat nie vriesend is soos Bloubergstrand s'n nie. Daar is heerlike eetplekke. Tallas is tops en dan is daar nog altyd meeste jongmense en kinders se gunsteling die Spur en dit nogal op die strand!
Gert B. - 8th May 2018
staying in Simonstad, Kaapstad
Die pikkewyn kolonie is 'n moet besoek.
Cecelia H. - 8th May 2018
staying in Gordonsbaai, Kaapstad
Beïndruk oor die stilte van Gordonsbaai.
Gary D. - 7th May 2018
staying in Tamboerskloof, Kaapstad
Very good
Hein O. - 7th May 2018
staying in Durbanville, Kaapstad
Dit voel veilig en is skoon.
Francois V. - 5th May 2018
staying in Brackenfell, Kaapstad
Brackenfell as sulks bied nie veel vir die toeris nie, maar is sentraal geleë as afspringpunt vir ekskursies na Kaapstad, Stellenbosch, Paarl en die Weskus.
Marian S. - 4th May 2018
staying in Bellville, Kaapstad
Bellville as sulks is nie 'n toeristebestemming nie, maar dis soort van in die middel van die Skiereiland en as jy wyd wil kuier is dit die ideale plek om te bly.
Kobus K. - 4th May 2018
staying in Table View, Kaapstad
Pragtige uitsig.
Wouter V. - 2nd May 2018
staying in Vishoek, Kaapstad
Vishoek en omgewing is 'n juweel. Plattelandse dorp by die see.
Willem W. - 2nd May 2018
staying in Durbanville, Kaapstad
An attractive place to stay permanently.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]