Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 4827 reviews.
"Dit was my eerste keer in die Kaap en ek het dit verskriklik baie geniet. Die Kaap is beslis die mooiste plek waar ek nog was. Wat my dadelik opgeval het was hoe netjies en skoon dit oral in die Kaap is. Sypaadjies, winkelsentrums en strande was baie skoon. Ek kan nie wag om weer vakansie in die Kaap te hou nie. Stukkie van my hart het beslis daar agtergebly."
"Look outside the city bowl, there are many unexploited beautiful places to stay."
"Teleurgesteld oor die verval van woonbuurte, strate vuil en oral waar daar oop gronde is bly mense in tente of onder plastieksakke."
"We have family in Cape Town so are there often, always a pleasure."
"Ons het dit baie geniet. Het die hop-on hop-off bus, kabelkar, Constantia wynproe en Kirstenbosch buiteligfliek gedoen en het elke oomblik geniet. Die mense by elke aantreklikheid is vriendelik en baie behulpsaam. Sal dit enige tyd aanbeveel."
"Sal nooit moeg raak vir die see nie en Kaapstad is die beste plek in die wêreld om vakansie te hou, of self net 'n skelm nag oor te slaap om by die see te wees."
"The mother city is always a great destination for a little break so come out and experience the cape."
"Dis maar soos enige ander stad in my opinie, al verskil is dat dit by die see is en Tafelberg in die agtergrond is. Verkeer is erg, hawelose mense bly in tente onder brûe en alles is ook maar agter slot en grendel. Die enigste rede hoekom ons in die stad oorgebly het is omdat dit nader aan die lughawe is en ons vlug het vroeg vertrek die volgende oggend."
"Kaapstad is die beste bestemming ooit! Die stad is skoon, die mense is vriendelik en daar is so baie om te doen. Net altyd 'n plesier om die Moederstad te besoek."