Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1921 reviews.
"As jy wil visvang op die Oranjerivier of na die waterval wil gaan kyk is hierdie tops!"
"Beste verblyf en waarde vir geld. Ons het besigheid in Kathu gehad, en was 'n groep van vier. Geskik vir veral jaggroepe van die omgewing ook. (Wens ek het 'n jaggeleentheid daar gehad.)"
"Augrabies is 'n moet sien-vakansiebestemming. Vir ons wat in daardie area grootgeword het is dit deel van ons bloed en dit kruip bitter vinnig onder jou vel. Pragtig."
"Baie klein en stil dorpie, rustige omgewing veral na 'n lang rit deur die Tankwa !"
"Was nie sleg nie, maar ons was so 2 weke na die groot water eers daar gewees. "
"Indien enige persoon rustigheid en wegbreek van gejaag in die stad verlang, is daar geen beter plek as in die Kalahari."
"Ons het eintlik net vir die watervalle gekom, maar sommer die pienk padstal ook ontdek, asook die kokerbome van nader leer ken. Augrabies se mense is vriendelik en behulpsaam."
"Ek was verstom oor die goeie restaurante wat 'n mens hier kry. Petrol kan 'n probleem wees - kan wel petrol by die Augrabiese Nasionale Park kry."
"Desembermaand is dalk net te warm, maar Rooipan en sy vriendelike mense bly 'n ware paradys in die pragtige Kalahari."
"Kalahari is absoluut 'n bestemming vir almal en die diens, kamers en die uitsig is regtig 'n belewenis en vir elkeen 'n moet om te beleef! Ons sal dit definitief weer besoek!"
"Sou dalk verkies het om ons bespreking vir 'n ander tyd te maak as ons bewus was dat die valle baie lae vloei op daardie stadium getoon het."