Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Een van my gunstelingdorpe in SA. Pragtig en skoon. Die teerpad tussen die N1 en Prince Albert is baie goed. Die afdraai is die moeite werd."
"Colesberg het baie om te bied vir oornag op 'n lang roete soos bv. verskeie akkommodasie, vanaf sakpas to duur of luuks; kos, vanaf wegneem tot vriendelike Karoo-gasvryheid en kos, verskeie handelsmerke vir petrol, en sentraal geleë. Verder veilig en voel nie bedreig nie, en geskiedkundige dorpie."
"Not sure what all Beaufort West has to offer, but their accommodation options are awesome. If you have time, the Karoo National Park is a must. There are trails for all vehicles!"
"Dis 'n dorpie wat meer krediet moet kry. Ek weet dis van die pad af maar 'n mens moet daar stop."
"Sien Merweville as 'n pelgrimstog om weer met dit wat belangrik in die lewe is te "connect" - gaan stap in die stofstrate, mediteer in die kerk of babbel op die boekklub se stoep, maar doen dit net stadig."
"Die grondpaadjie was bietjie meer vir vierwiel-aangedrewe voertuie, maar alles wat so mooi en outentiek is, laat jou gou daarvan vergeet."
"Sou graag langer wou bly om die dorp te verken. Veral historiese besienswaardighede."
"Klein, baie skoon dorpie, ongelooflike vriendelike mense, was by Karoo-teater vir 'n 90ste verjaarsdag."
"Ons is mal oor die plek en kan met die grootste vrymoedigheid Loxton lekker aanbeveel."
"Ons het 'n bootrit op die dam gehad en ook Bethulie-museum en Kampbegrafplaas besoek. Interressante uitstappies is beskikbaar in die omgewing."
"Besoek die museums, Chris Barnard- en stadsmuseum. Vir R100 kry jy 'n begeleide toer."
"Daar is nie veel aktiwiteite beskikbaar, maar die rustigheid en atmosfeer van die dorpie is 'n groot verskil van die lawaai van die die groter dorpe en stede."