Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.
"Baie klein dorp met heerlike mense, lekker geëet in die hotel en al die locals ontmoet, baie gelag was 'n fees."
"'n Besondere interessante plek in 'n histories-ryke omgewing, beslis die moeite werd om meermale te besoek en te verken."
"Die munisipaliteit kan meer doen om seker te maak die strate het name en dat die paaie se merkers duidelik te sien is."
"Rustige dorp wat goed geleë is vir 'n oornag rus. Baie mooi ou huisies en geriewe in die dorp. "
"Verskriklike mooi dorpie en die inwoners is ongelooflik vriendelik en gasvry. Baie veilig. Ons as gesin het tot donker in dorpie buite rondgeloop en die plekkie verken. Iets wat jy nie sommer meer op ander plekke kan doen nie. "
"Lekker warm daar. Maar lekker in die straat geloop. En lekker geëet by een van die restaurante. "
"Mooiste ou geboue! Propvol geskiedenis! Wye verskeidenheid, goeie gehalteverblyf (binne en buite die dorp)! Goed gevestigde dorp; baie winkeltjies ─ als wat jy nodig het sal jy kan kry. "
"Baie mooi. Ons was ongelukkig oor n naweek daar en min plekke was oop. Sou graag meer wou sien."
"Eg Suid-Afrikaanse en karaktervolle en geskiedkundige geboue verleen 'n aangename ambience. Heerlike tradisionele geregte eie aan die Karoo by van die restaurante te kry. "
"Baie skoon dorp ten spyte van die volume mense wat daar deur reis. Welkome oase na die grougrys en beige van niks in die Karoo. Ons was net te moeg om te explore na die lang pad. En die Afrikaanse taal wat almal praat laat jou tuis en trots Afrikaans voel."
"Die kaartjiemasjien by die winkel was buite werking en so ook die enigste beskikbaar ATM. Ons kom toe nie kos koop nie."
"Aberdeen staan stil in tyd, daar skakel jou brein af en kom die gejaagde lewe tot 'n stop. Word sterk aanbeveel. Jy kan slegs rus."
"Was veras oor hoe groot Beaufort-Wes eintlik is. Daar is groot winkels soos Checkers en jy kan alles kry wat jy benodig. "