Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11380 reviews.
"Ons kon 'n definitiewe verskil in Graaff-Reinet sien van die laaste keer wat ons hier deurgereis het. Die meeste besighede en eiendomme is vars oorgeverf en die dorp was silwerskoon. Pragtig!"
"Dis beslis die moeite werd om 'n draai te gaan maak by die Chris Barnard Gedenk-museum."
"Ek het nog nooit daaraan gedink nie, maar noudat ek daar oorgebly het, glo ek dat dit minstens 'n dag se oorbly sal regverdig."
"Daar is soveel om te sien en doen. Mens moet nie net daar deurry nie. Vallei van Verlatenheid was 'n baie lekker ervaring. "
"Dit hang af wat jou doel is, ek kan sien hoe dit 'n wegbreek is van 'n besige lewe. Ons het oornag en dit was perfek vir wat ons beplan het."
"Ons het geëet by 4 Sheeps Restaurant wat aanbeveel word. Die kos was heerlik. Die dorp is baie stil en rustig en het onlangs 'n McDonald's gekry."
"Beaufort-Wes het voldoende winkels om te voldoen aan oornagbesoekers se vereistes. Nie juis 'n toeristebestemming nie. Skoon dorp."
"Daar het redelik veranderinge plaas gevind. Die Ibis Restaurant se kos is iets besonders en vars gemaak. Daar het nie veel aangegaan terwyl ons daar was nie."
"Pragtige dorp. Rustig en skoon. Net jammer van die talle kinders wat bedel."
"Net die regte plek om te oornag sodat reisigers lekker uitgerus die lang pad na Beaufort-Wes en Laingsburg kan aandurf."
"Gaan eet gerus by die restaurant in die Forever Resort. Pragtige plek met vriendelike kelners en heerlike kos."
"Ek dink die dam gee goeie geleentheid vir gaste wat werklik net rustig wil wees. Weinig aanbiedinge rondom die dam om te geniet. "