Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Baie lekker geëet teen baie billike prys by JC's Restaurant op aanbeveling van gastehuis ontvangspersoon."
"Beaufort Wes is en was nog altyd my oorbly-dorpie. Ek is baie lief vir die dorpie, maar sal soos in die verlede, oornag by Wagon Wheels."
"As jy die lekkerste pizza wil koop - gaan beslis na Karushi - waar Karoo en sushi ontmoet. Watter vriendelike mense en regtig wonderlike pizzas."
"Richmond as dorpie het totaal agteruitgegaan. Ons was selfs bang dat ons nie brandstof daar sal kry nie, maar gelukkig was dit nie 'n probleem nie."
"Graaf-Reinet is 'n oulike dorpie met goeie besienswaardighede en baie lekker restaurante. Ons het net een aand oornag en was beïndruk met die netheid van die dorp en die interessante mooi geboue daar, sal enige iemand aanbeveel om die dorp ten minste een keer te besoek."
"Prins Albert het soveel om te bied, uitstekende restaurante, pragtige kunsgalerye, 'n paar wyn- en olyfplase in die omgewing. 'n Besoek aan Fernkloof wynplaas (wynproe), Gay Guernsy se melkery (kaasproe) en Karoo Kombuis restaurant (Karoo-lamsboud), het ons besoek aan Prins Albert bekroon."
"Ek het net deur Steynsburg gery op die langpad. Hiervoor is dit 'n baie gerieflike oornagplekkie."
"Lekker Karoo stilte. Die hartland van die Karoo. Die Merino restaurant hier het jare lank al die lekkerste afval. Die gholfklub verwelkom enige persoon hartlik vir 'n bier of pot gholf."
"Prins Albert het baie om te doen en te sien en volgende keer gaan ons beslis langer bly."
"We did not have time to explore the town and surroundings, but from what we saw, it looks very interesting and would like to stay at De Oude Pastorie again for a few days to explore the town and surroundings."
"'n Pragtige omgewing met uitsonderlike historiese en natuurplekke om te besoek. Lekker eetplekke om van te kies, goed geleë op pad van binneland na Oos- en Suid-Kaap."
"Die algemene voorkoms van die dorp is baie netjies en skoon. Mense kom ook baie vriendelik voor. "
"Ons is gewoonlik op pad êrens heen as ons deur Colesberg gaan, maar ek is seker daar sal baie te doen wees vir die Karoo siel."