Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11336 reviews.
"Mense is baie vriendelik. Geen bedelaars wat ons gepla het nie. Dorpie is baie skoon en rustige area."
"A charming small town with really active townsfolk doing all kinds of interesting things. Well situated stop-over for those going the Swartberg/Gamkaskloof way."
"Was 'n vriendelike en aangename dorpie. Sal beslis weer gaan draai daar. Ons het goeie herinneringe van Hopetown saam huistoe gebring. "
"Pragtige dorp met die oulikste huisies. Ons het aandete in die Karoo Kombuis genuttig. Baie lekker kos en atmosfeer gewees. Ontbyt by die Swartberg Hotel was baie lekker. As jy 'n wegbreek kort is Prins Albert die plek vir jou."
"Ongelooflik pragtige dorpie, mooiste geboue en natuurlik die indrukwekkendste kerk! Die mense was oral baie vriendelik en mens kry 'n gevoel van "warm ontvangs!" Die Vallei van Verlatenheid is 'n MOET, dit praat met jou siel. Die wind was net bietjie lastig!"
"As jy op reis is en ontbyt wil eet of biltong wil koop moet jy hier stop. Nie noodwendig iets by Strydenburg of Hopetown nie."
"Ons het die lekkerste aandete en ontbyt geniet by Polka. Kan dit regtig aanbeveel vir enigeen wat van goeie kos en 'n lekker atmosfeer hou."
"Een van daardie plekke wat elke keer wat ek daar is, al hoe dieper onder jou vel inkruip."
"Die OK-minimark is fantasties - skoon en rakke vol vars produkte. Personeel vriendelik en behulpsaam. Die Plattelander Restaurant kan verseker aanbeveel word vir heerlike etes en warm atmosfeer. Die dorp is skoon en sommer pragtig."
"Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners. Mens moet ten minste twee dae daar oorbly om die dorp regtig te waardeer. Die dorp het baie oulike blyplekke vir elke smaak!"
"Ek en my vrou het die aand by die restaurant: "Die Krip" gaan eet. Ek was teleurgesteld om in die middel van die Karoo 'n skaapnekvleisdis te bestel en nie die Karooskaap te kon proe nie. My vrou se T-been steak was heerlik sag en presies gaargemaak soos sy dit wou hê."
"Wou twee nagte bly maar moes besoek kortknip. Min mense op De Rust weet van Toorwaterpoort."