Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Die omgewing en atmosfeer kan mens nie geld op sit nie. Wonderlike ervaring."
"'n Mens ry altyd verby en stop gewoonlik net vir brandstof. Die was die eerste keer wat ek in Colesberg self ingedraai het en was eintlik verras om te sien dat dit eintlik 'n juweel is. Sal volgende keer sorg dat ek bietjie meer tyd daar spandeer."
"Nieu-Bethesda is pragtig met baie besienswaardighede - daar is verskeie restaurante. Ons het by Bruno's pizza geëet en hulle kon selfs vir my 'n gluten-vrye pizza maak. Ons sal definitief weer in Nieu-Bethesda vakansie hou."
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp met baie besienwaardighede en aktiwiteite. Sal definitief weer daar vakansie hou."
"Ons het besluit om nie weer in die dorp oor te slaap nie. Die dorp self is besig om te verval en is baie lastig geval deur bedelaars. Ons het baie onveilig gevoel toe ons gaan uiteet het. Ek sal in die vervolg eerder van nabygeleë plase of lodges buite die dorp gebruik maak. Dit is baie hartseer maar 'n realiteit."
"Dorpie is so bietjie bouvallig. Maar die ekonomie is die probleem."
"Die dorp is klein en eetplekke min, veral as jy 'n toeris is wat na 'n lang pad iets wil kry om te eet, sou sê dis perfek vir 'n oornagbestemming maar nie langer nie."
"Eintlik net 'n oornagbestemming met goeie akkommodasie en eetplekke. Res van dorp vervalle."
"Rustig, loop en verken die dorp. Die ou huise en mense van die area is 'n juweel."
"Ek het 'n blywende gevoel gehad dat Graaff-Reinet 'n effe duur bestemming geword het. Ek het begrip vir stygende insetkostes, maar wonder of mens op ander plekke bietjie goedkoper kan regkom."
"Die dorp het maar effe agteruit gegaan, maar daar is beslis 'n paar juwele soos Áltyd Lekker en die 4 Sheep-eetplek en Deli. Die Wimpy was ook heel vriendelik en die diens vinnig!"
"My verwagtings van Prins Albert was nie oortref nie. Het gedink dit gaan meer besonders wees soos bv. Clarens. Nie veel om te sien of doen nie behalwe stap, eet en drink. Die winkels ens. is nogals duur maar dit is seker te wagte vir 'n toerisdorpie. Dorpie self is pragtig en netjies."