Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Middelburg is bloot 'n gerieflike oorslaapplek vir ons op pad terug omdat die afstand huistoe die volgende dag heeltemal rybaar is. Ons het selde die geleentheid om die dorp of omgewing te verken op pad huistoe. Die oornagverblyf moet bloot funksioneel wees vir ons. Ons het ook baie moeilik 'n oop restaurant 7 uur die aand gekry en het by die een waar ons wel gekom het, amper 2 ure gewag vir ons bestelling (wat 'n doodgewone geroosterde toebroodjie en 'n hamburger was). Ons was nie die enigste gaste wat ontsteld was oor die swak bediening nie. As ons nie beter oornagverblyf in die toekoms in Middelburg kan kry nie, sal ons nie weer daar oorslaap nie."
"Baie goeie belewenis om so 'n erfenisgebied te besoek. Vriendelike mense in die dorp. Heerlik, en baie mooi om te sien."
"The wide horizons, clear air, gorgeous night sky, and perfume of the Acacia Karoo are second to none!"
"Daar is nie veel te doen in Klaarstroom nie, maar dit is deel van die betowering. Die sterre is so helder dat dit voel asof jy daaraan kan raak."
"Pragtige Karoo-dorpie met behoorlike bekoring en geskiedenis. Die omliggende area is net so pragtig met heelwat dinge om te doen en te sien."
"Pragtige Klein Karoo-dorpie met baie bekoring! Ek sal graag effe langer hier wil deurbring volgende keer. PS - boek restaurante vooruit, hulle raak vinnig baie vol."
"Sal volgende keer 'n dag of twee oorbly om hierdie pragtige Karoo-doprie te besigtig."
"The gem of the Karoo. People don't know what they are missing when they only use the town as a stopover."
"More travellers should stop over in the Karoo, take a breath and explore the various towns like Richmond."
"Hanover is maar 'n baie vervalle dorp. Die paaie is baie sleg en als lyk oud en stukkend. Die kerk is pragtig en daar is in die somermaande Siberian valke by die 100de in die bome regoor Hanover. Dit is pragtig en besonders om te beleef."
"Die Karoo is pragtig met sy eie bekoring. Jy sal geen beter plek kry om die sterre in die nag te kyk nie."