Geverifieerde Resensie
Kranspoort
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kranspoort bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35 resensies.
"As jy wil afskakel en rus is dit die beste plek min om te doen, so jy kan heerlik re-charge."
"Potensiële vakansiegangers behoort meer volledig gewaarsku te word oor hitte en gevaar van sonbrand asook die baie muskiete."
"Met baie reën kan van die grondpaaie en strate 'n uitdaging wees vir kleiner motors, andersins pragtige bosveld."
"Sou handig wees as braaihout makliker beskikbaar was. Ons moes elke keer uit die oord ry om hout te koop."
"Dit is baie lekker om Kranspoort te besoek - dit is 'n rustige woonbuurt in die natuur en was heerlik om wilde diere te sien rondloop tussen die woonhuise om te eet en te drink by die water en kospunte. Die grondpaaie na die wild-area is beperk vir gewone voertuie, die meeste en grootste gedeelte van die grondpaaie is baie beslis nie vir enigiemand met gewone sedan-motors nie, dit is selfs ook nie geskik vir 'n lae 4x4-voertuig nie."
"Kranspoort is 'n baie mooi omgewing met Loskopdam wat 'n goeie toeristebestemming is naby. Ek glo in die somer sal dit nog mooier wees. Dis ook 'n baie veilige omgewing."
"Kranspoort is tans ons nommer 1 toeristebestemming in Mpumalanga. Dis 'n veilige pad soontoe, nie ver nie. Dis regtig 'n vakansiedorp, almal wat daar is, is daar om te ontspan. "
"Kranspoort is een van die mooiste plekke wat ek nog gesien het, dit is rustig en die uitsigte is asemrowend."