Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6834 reviews.
"Zinkwazi is 'n juweel van 'n plek en ons sal vir seker terugkeer. Die strand-restaurant by die bootklub se diens is puik, hulle pryse billik en die kos heerlik."
"Buiten vir die slegte toestand van die paaie, was dit heerlik om aan die Suidkus te kuier. Dis gerusstellend om gereeld die polisie op patrollie te sien, en die swemstrand is lieflik!"
"Ons sal nie vinnig weer Sodwana toe gaan nie vir die rede dat 'n mens so baie moet betaal om see toe te kan gaan. Ons het R110 per dag betaal vir 3 mense en as jy aand die ander kant wil gaan on na 'n restaurant toe te gaan betaal jy weer R15 om in te gaan. "
"Ramsgate is 'n pragtige klein dorpie. Dit was my eerste keer om daar vakansie te hou en ek was aangenaam verras. Baie lekker swemstrand en dis naby aan baie ander toeriste aantreklikhede. Sal enige tyd Ramsgate aanbeveel as 'n vakansiebestemming. "
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
The Bridge 19 Self-catering"Pragtige tropiese dorpie omring deur ongerepte natuurskoon en wilde diere."
"Sodwana is 'n wonderlike vakansie, ons gaan al vir die laaste 7 jaar, see is lekker warm, waarde vir geld."
"Daar moet dalk genoem word dat die klein kafee nie veel het nie en dat enige inkopies of petrol omtrent 30 km weg is"
"Zimbali het soveel om te bied, hulle sekuriteit is uitstekend, daar is soveel swembaddens en aktiwiteite om van te kies, alles is skoon en netjies en in 'n goeie toestand. Besoek hulle gerus, daar is iets vir almal."
Margate North Beach, KwaZulu-Natal
Anguna Holiday Flats"Dis 'n heerlike strand. Die omgewing is skoon en netjies. Daar is skoon geriewe asook 'n kiosk wat iets van alles bevat. "
"Die dorp is nice, maar die strand nie die kleiner strande is minder mense en beweeg ruimte."
"Dit is skoon en nie te besig nie. Jy is steeds tussen mense maar daar is genoeg spasie. Niemand vertrap mekaar nie. Daar is toesig oor die hele strand en daar word mense na jou gestuur vir veiligheidsredes indien die see te rof is die dag om jou te waarsku in die minder besige dele."
Willard's Beach, KwaZulu-Natal
Perissa 64"Helling direk na die see toe is baie steil maar 'n baie mooi strand."
"Restaurante out dated en water was 'n probleem. Moes terugry Homestead toe om 'n toilet te gebruik."