Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6834 reviews.
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
St Lucia Wilds"Die dorp is besonder skoon en alles word na omgesien. Die netjieste plek wat ek nog in Suid-Afrika gesien het. Werklik iets om te gaan sien. Hulle plaas definitief 'n hoë premie op toerisme."
Pongolapoort Dam, KwaZulu-Natal
The Guest House Pongola"Het daar 'n draai gemaak. Lyk na ideale plek vir voëls kyk!"
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Luxury Tented Village @ Urban Glamping"Ons het ons uitstappie na Cape Vidal en Umfolozi baie geniet. Jammer om te sien dat die droogte ook daar so 'n groot impak op die natuur het."
"Ladysmith, hoewel ons nie tyd gehad het om die dorp te besigtig nie, lyk na 'n lieflike dorp in die hartjie van KZN - die omgewing is pragtig!"
"Strande is lieflik! Baie en genoeg winkels en restuarante naby. Verkeer op Marine drive die enigste slegte punt. "
"Manaba is 'n baie lekker plek om vakansie te hou, maar ek dink hulle moet aandag skenk aan die houttrappe wat afgaan na die strand. Die laaste trap is te hoog en onder dit is klippe wat dit moeilik maak om op en af te klim. Verder is Manaba 'n heerlike plek met 'n lieflike swembad en winkels op jou voorstoep. "
"Umhlanga het in die 38 jaar wat ons 2 keer per jaar hierheen kom, baie uitgebrei en word amper te besig om 'n vakansieplek te wees, talle woonbuurte het bygekom, maar dit bly 'n pragtige plek met skoon water (TDS van kraanwater gemiddeld 170 terwyl Suidkuswater 'n telling van oor die 300 het), en nog goeie munisipale bestuur te midde van ons landwye munisipale krisisse. Talle plekke aan die Suidkus is besig om te kwyn, huise is in die mark, maar Umhlanga groei met rasse skrede - dit beteken die plek bied aan die mense waarna hulle soek. "
"Die omgewing is pragtig, maar winkels is ver. Vir persone wat vermaak of naglewe soek, kan dit stil wees. Wonderlik vir familiekuiers en ontspan in die natuur."
"Jy benodig 'n permit om met jou voertuig tot op die strand te ry. 'n Beperkte aantal word uitgereik, en gevolglik tydens hoogseisoen staan mense al douvoordag in 'n tou om die permit te bekom. Die duik- en snorkelgeleenthede is fantasties."