Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Langebaan

+14

Beskrywing

Langebaan is net 'n uur se rit van Kaapstad af en word die Juweel van die Weskus genoem. Regdeur die jaar bied die dorp pretbelaaide aktiwiteite vir natuurliefhebbers, avontuurlustiges en mense wat vermaak wil word!

Voelkykers kan meer as 300 voelspesies in die Weskus Nasionale Park sien. Hierdie park is veral besig gedurende die blomseisoen (Augustus tot September) wanneer die wilde blomme kleurvol staan. Walvisse kan in Oktober en November gesien word.

Die sanderige wit strande wat die helder water van die Langebaan Lagoon omring is een van Langebaan se hoof-aantreklikhede. Die gematigde klimaat en beskermde waters van die lagoon maak Langebaan gewild vir watersport-entoesiaste. Groot sportgeleenthede soos driekampe, fietswedrenne en motorresies word ook in Langebaan gehou.

Die dorp het iets vir almal. Club Mykonos bied byvoorbeeld 'n aantal jaarlikse geleenthede, feeste en uitstallings aan. Die Mosselfees vind die eerste week van elke Oktober plaas. Laat die pret begin en nooit ophou nie!

Loer gerus hieronder deur al die lekke opsies vir akkommodasie.

Kaart

As jy al so ver gekom het, het jy dit duidelik geniet om oor Langebaan te lees! Hoekom maak jy nie 'n vakansie daarvan nie? Kliek hier om meer akkommodasie–opsies in Langebaan te sien.
Sien Akkommodasie
Kliek hier om meer akkommodasie–opsies te sien
Kliek hier om terugvoer te gee. Laat weet ons asb. as iets op dié webblad verouderd of onakkuraat is.
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem