Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2290 resensies.
"Ek sal nie sommer uit my pad uit gaan om al die pad na Polokwane te ry vir wat daar is om te sien nie. Sekerlik die slegste is die tolpad met mense wat sommer links verby voor die tolhekke indruk. Limpopo mense het die slegste padmaniere in die hele SA! Dit alleen sit my totaal af om ooit weer soontoe te ry!"
Balule Natuurreservaat, Limpopo
Rio dos Elefantes River Camp"Die toegangsfooi het verander sonder vooraf kennisgewing en die dame by die hek was uiters onvriendelik en duidelik nie lus vir haar werk nie."
"Glo hulle Bosveldfees is 'n groot gebeurtenis en beslis 'n fees om by te woon. Pragtige natuurlewe."
"Baie lekker plekke en restaurante om te gaan besoek in die omgewing. Zwakala Brewery is uitstekend. Pot 'n Plow is 'n baie gesellige plekkie. Mountain Cafe is uitstekend!"
"Bokkieweek was 'n fees, die omgewing pragtig met die massiewe doringbome en die bosveld-atmosfeer is die perfekte kombinasie vir enige reisiger. Die toegang tot wildsplase en warmwaterbronne maak dit die lekkerste plek om 'n week weg te breek en van alles te vergeet."
"Pragtige deel van die land. Het lekker gekuier by 'n plaaslike restaurant."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Vir Altyd"Aan te beveel vir enige iemand wat na aan die natuur wil wees Dankie."
"Klein slaghuisie, Dop en Tjop het heerlike vleis. Die lekkerste kaasworsies wat ek nog geëet het. "
"Plattelandse dorpie soos baie ander in die land, maar mooi geleë in die bosveld met talle verblyfopsies in en rondom die plek vir besoekers. Die dorp bied meeste geriewe wat mense nodig het, maar is bietjie deurmekaar uitgelê en kan skoner wees, laasgenoemde soos ook baie ander in ons land."
"Maak 'n draai by 'n winkeltjie, die Koffiekan. Hulle verkoop die grootste koppies koffie wat enige iemand al in hulle lewens gesien het."
"Warmbad aventura was 'n teleurstelling. Ons moes volprys betaal, maar niks was oop nie. "
"Ons was daar vir die fietsrybyeenkoms en die terrein is wonderlik, die byeenkomste was fantasties uiteengesit en ons het heerlik by die winkelsentrum inkopies gedoen en geëet by Mikes Kitchen en Wimpy."
"Wonderful holiday destination for beginners looking to explore the Limpopo Province. I have to been to Bela-Bela a number of times, I love it."
"Bela-Bela self is vir ons bietjie onveilig gewees daar gaan vreeslik baie aan. Maar sodra ons in die oord was het ons baie veilig gevoel."
"Pragtige dorpie met skoon paaie en mooi dekor. Vermy net die middel van die dorp, mens voel nie baie veilig daar nie. "