Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Maloti Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.

Malotiroete

Villa St Joseph

"Roads to lady brand are full of potholes but the scenery makes up for it."

Clarens, Malotiroete

Mountain View Manor

"Clarens is 'n omgeedorp. Dit is 'n spesiale dorp wat baie het om te bied."

Clarens, Malotiroete

V'Kansi Khaya

"Roter Hahn se pryse was bietjie baie belaglik. Ons baie lekker by die brouery gekuier en geëet. Die kos daar is uitstekend en waarde vir geld."

Clarens, Malotiroete

La Bri

"Vriendelike dorp, iets vir almal. Die enigste klagte is die diens in restaurante. Oor die algemeen baie stadig."

Clarens, Malotiroete

de Minimalist House

"Beautiful town, great for hiking and exploring."

Clarens, Malotiroete

414 Rose Cottage

"Beurtkrag word klokslag toegepas, drie maal per dag vir die hele dorp. Die internet/WiFi het gesukkel om te herstel na 'n kragonderbreking maar dit was 'n algemene probleem in die dorp."

Clarens, Malotiroete

Meander Stay

"Pragtige omgewing en rustige naweekwegbreek."

Clarens, Malotiroete

Mystic Mountain Cottage

"A wonderful bohemian atmosphere and a great golf course is an added bonus."

Rosendal, Malotiroete

Beesbos

"Dit was lekker maar mense moet besef dit is 'n baie stil plek. So daar is nie regtig "toeriste" goed nie. Die mooi berge en rustigheid was heerlik. Maar daar is net een kunsgalery en ons was by 3 restaurante - veral Oppiedam was besonders. So mens gaan soontoe om te rus. Ongelukkig is die paaie in die omgewing bitter swak en 'n nagmerrie. So rondry in die omgewing (Fouriesburg) en Ficksburg toe was nogal 'n uitdaging. Dit is 'n heerlike plek om te gaan rus, boek te lees en in dorpie rond te loop. Nie regtig staproetes wat ons kon agterkom nie."

Clarens, Malotiroete

Views

"Clarens is beautiful, but the roads need some serious attention."

Clarens, Malotiroete

Rosewood Corner

"Dit was ons eerste besoek aan Clarens en was heeltemal anders as wat ek dit voorgestel het maar baie mooi en aangenaam. Mense is vriendelik. Groot verskeidenheid restuarante, kos was by almal heerlik maar effens aan die duur kant, nie een rekening was onder R500 vir 2 persone nie. Dus as jy daar gaan kuier op 'n begroting is selfsorg 'n beter opsie. Die winkels wat geskenke/aandenkings/snuisterye verkoop was 'n bietjie van 'n teleurstelling. Heelwat winkels verkoop dieselfde goed en meeste van die goed is duidelik herkenbaar as dit wat jy by Sjhinese winkels oraloor kry sowel as goedere wat van Indiaë af ingevoer word in 'n tyd waar daar so baie Suid-Afrikaners 'n ekstra inkomste probeer maak met oorbelle, klere en allerhande kuns goedies wat hulle self maak - kyk maar op Facebook na al die kunsgoed en maak-dit-self-groepe. As hierdie winkels se pryse ietwat laer is sal hulle heel waarskynlik meer geld maak (my opinie) - iets spesefiek wat ek opgelet het is 'n winkel wat 'n tafeldoek vir 'n 4 of 6 sitplek tafel verkoop vir R580. Die materiaal is niks besonders nie, kan by enige materiaalwinkel gekoop word en ek weet daardie tipe materiaal is nie so duur nie en dan is die afwerking boonop glad nie netjies en afgerond nie. Dit is my opinie. Na dit als sal ek beslis weer in Clarens gaan kuier want dit bly 'n ongelooflike mooi plek met die berge so rondom die dorp."

Fouriesburg, Malotiroete

Die Ou Pastorie

"Pragtige klein dorpie met vriendelike mense."

Clarens, Malotiroete

Forest Lane

"Ons het al voorheen Clarens besoek, en dit was toe lekker, maar na Covid en die inperking, het Clarens sy sokkies opgetrek, met klomp nuwe eetplekke en ander winkels wat gefokus is op kliëntediens. Met almal wat dees dae besighede rate op kos, diens en veele meer kan jy nie sommer meer voortbestaan sonder om goeie kos, diens en kwaliteit te lewer nie. Well done Clarens, ons sien julle weer. Laastens, die teerpaaie na Clarens het egter n uitdaging geword. Ons het van Centurion gekom, en op die staduim is die pad tussen Warden oor Bethlehem die beste, maar ook met slaggate, so ry maar versigtig, veral as jy met 'n motor ry. Ek het self op waarskuwing van Forest Lane gekies om eerder met ons bakkie te gaan, want as on ons motor gebruik het sou ek 'n band verloor het op een plek waar en nie 'n slaggat kon mis nie."

Clarens, Malotiroete

Die Kruik

"Heerlike toeristedorp wat altyd fassineer met sy verskeidenheid."

Rosendal, Malotiroete

Beesbos

"Die pad vanaf Senekal is in 'n slegte toestand. Die dorpie is netjies, stil en veilig. Mooi sandsteengeboue, kunsgalery, eetplekke, en 'n teater. Die inwoners is passievol en betrokke en baie vriendelik."

Clarens, Malotiroete

Eden

"Clarens as dorp was baie interessant. Sal weer kom kuier want ons het nog niks gedoen nie want ons tyd was baie beperk. Wil baie langer bly."

Fouriesburg, Malotiroete

Four Koffie

"There is still a lot I would like to explore. "

Clarens, Malotiroete

Alberry Cottages

"Clarens is a favourite spot of ours and we travel there every year."

Clarens, Malotiroete

Forever Clarens

"Clarens is besig om sy karakter te verloor. Diens in sommige restaurante het baie versleg. Maar die natuurskoon maak op daarvoor."

Clarens, Malotiroete

de Minimalist House

"Clarens is 'n lieflike dorpie. Kyk maar eers oral rond, voor jy koop, heelwat van dieselfde goed te koop maar pryse verskil hemelsbreed. Bespreek by restaurante vir etes, anders moet jy maar gaan waar jy 'n plekkie oop kry, en dit is nie noodwendig waarvoor jy lus het nie. Die plaaslike inwoners is baie vriendelik. Oor die algemeen is dit nie 'n groot probleem om parkeerplek te kry nie, maar jy moet soms 'n ent stap om by die winkels ens. uit te kom. Daar is als wat jy nodig het. Jy moet net tyd hê en bietjie rondsnuffel."

Clarens, Malotiroete

Kahara Maluti Lodge

"Dit was ons eerste keer in Clarens en ons het dit regtig baie geniet. As jy nog nie Clarens besoek het nie moet dit definitief op jou "to do list" gevoeg word."

Clarens, Malotiroete

Dragonfly Self-catering and Bike Rescue

"One of the most beautiful places we have ever been to. We would recommend Clarens to everyone."

Clarens, Malotiroete

Collett House

"Clarens was 'n great ervaring gewees. Het dit baie geniet. Sal dit beslis aanbeveel."

Clarens, Malotiroete

Mont Rouge

"Sal beslis weer gaan kuier."

Clarens, Malotiroete

Die Kruik

"'n Moet vir almal."

Blad
Blad 27 - Wys 781 tot 810
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem