Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3665 reviews.
"Clarens is pragtig en 'n lekker kuierplek! Lekker eetplekke en kunswinkels en oulike klein winkels met baie interessante geskenke ens. Ons is mal oor Clarens en sal beslis weer gaan kuier."
"Baie beter en biliker pryse as in Clarens, dalk meer eetplekke. Die Windpomp Pub and Grill is my gunsteling."
"Van Fouriesburg het ons die Golden Gate Natuurreservaat asook die Sterkfonteindam besoek. Dit is baie naby aan Clarens vir 'n dagbesoek asook Bethlehem vir inkopies. "
"Fouriesburg self was nie vir my baie interessant nie, nie veel om daar te doen nie ons moes mar elke dag uitgery het Clarens toe."
"Gaan eet gerus by Die Plaasstoep, heerlike buffet ontbyt!"
"Baie oulike dorp. Was teleurgesteld met die kos. Het by drie plekke geëet in ons tyd daar en kos was nie goed by enigeen nie. Moes ook baie lank wag by een."
"Lovely atmosphere of the town. Was very overcrowded though, restaurants did not seem to keep to the regulations and social distancing. Takeaway was the preferred option. Had nice hand crafted goods and the golden gates highlands national park is beautiful with spectacular views"
"Lekker kuierdorpie. Geen vervelige oomblik daar nie en aangesien ons gastehuis omtrent in die dorpie was, kon ons gaan rus indien nodig. Net 'n vinnige stappie."
"Pragtige omgewing en natuurskoon. Al die staproetes was netjies gemerk, deeglik onderhou en besonder skoon. Ons sal beslis Clarens weer besoek"
"Wonderlike dorp met baie vriendelike mense en 'n asemrowende uitsig."
"Ek bly by die kus, maar Clarens is ‘n skoonheid op sy eie! Lieflike plek, goeie kos en oulike winkels."