Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1877 reviews.
"Marlothpark is ons battery-laaier, ons is op ons gelukkigste daar. Ek wens net almal wil die spoedbeperkings op Olifants eerbiedig. "
"Ons het n bloutjie geloop en hout gekoop by die ingang by straatverkopers. Nie geweet daar is hout te koop by die winkel binne. nie Die hout was nat en het lank gesukkel om dit te laat brand, mens weet nie altyd wat binne in die park beskikbaar is nie."
"Mal oor die park. Die enigste ding wat my elke liewe keer byval rondom al die huise waar ons al gebly het is die bou rommel. Stukke sement en drade en bakstene absoluut oral. Dis bitter jammer en so lelik en sleg vir diere en omgewing. Dit sal wonderlik wees as Marloth dit kan aanspreek. Marloth is 'n wonderlike wegbreek-wegkruipplek!"
"Dit raak nou te kommersieel. Te veel huise, maar is nog steeds 'n lekker plek om te besoek. "
"Daar is baie mense, en van hulle ruk hand uit. Marlothpark sukkel om alles onder beheer te hou."
"Ongelooflike omgewing. Beslis die moeite werd."
"Die slegste, swakste (grond)paaie in Marlothpark! Beslis nie net van die onlangse reën nie. Sal niemand aanbeveel om nou soontoe te gaan nie."
"Baie rustig en stil en baie wild te sien. Gunstelingrestaurant was by Henk van Rooyen Park. Pragtige uitsig oor Krokodilrivier en heerlike kos en drinkgoed."