Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1877 resensies.
"Van die paaie kort bietjie aandag – soms moeilik om met gewone voertuig te ry. Marloth kan meer van die bos teen die heining oopsny vir beter uitsig. Blyplekke is lekker privaat en ver van mekaar."
"Lekker naby aan Kruger Park. Baie diere. Geniet die wandelpad langs die grensdraad teen die Kruger Wildtuin."
"Dis een wonderlike belwenis in Marlothpark. Ek gaan beslis weer daar gaan vakansie hou. Die rustigheid en die natuur is werklik waar net wat mens nodig het uit die gejaagde Johannesburg."
"Easy access to Crocodile Bridge Gate for entry into the Kruger Park. We love staying at Marloth Park."
"Wat baie lekker was is die hoeveelheid diere wat kom besoek by die huis. Dit was uitstekend."
"Jammer etos en karakter van Marlothpark verdwyn. Al 30 jaar besoek, het eers huis daar besit."
"Paaie asb.! Kan gerus geskraap word en gate gevul word. Almal kan ongelukkig nie met 'n 4x4 ry nie. Party naamborde kan duideliker gemaak word."
"Baie lekker plek, net die paaie is op baie plekke onbegaanbaar, maar verder puik plek met goeie restaurante."
"Marlothpark is bekend aan my en is baie na aan my hart. Enige persoon wat van die bos en natuur hou, kan gerus Marlothpark besoek. Dis ook gerieflik naby aan die Kruger Nasionale Park."