Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1908 reviews.
"Marloth Park is nie vir my/ons `n bestemming of net `n plek nie, dit is `n ervaring. As jy nog nie daar was nie, maak `n plan, sit dit op jou 'bucket-list, mits jy van die natuur hou."
"Te oordeel aan die baie sekuriteitsmaatskappye en -motors vermoed ek dat sekuriteit 'n probleem mag wees. Ek het egter baie veilig gevoel by Doringpoort."
"it a beautiful relaxing area, I enjoyed keep up this standard my partner is also extremely happy."
"Dis die ideale plek vir die reisiger wat die wildtuin wil besoek en nie in die parke self wil bly nie. Uitkykpunte teen die rivier is asemrowend en die meeste diere kan daarvandaan gesien word reg op jou voorstoep."
"Lekker naby Krokodilbrug hek van Kruger Park. Geniet die wild wat tussen huise rond beweeg. "
"Straat name kan na gekyk word. Soms verwarrend."
"Lekker diere gekyk. Besighede regtig baie goed."
"Die winkel in die 'dorp' se personeel was nie baie behulpsaam nie en items was verkeerd geprys."
"Heerlike atmosfeer. Voel of ons deel van die wildernis was. Veral met die diere wat sommer besoek terwyl ons in die swembad ontspan. Die mense was almal vriendelik en behulpsaam en laat mens sommer deel van die gemeenskap voel. Indien daar enigsins iets was om oor te kla, dan was dit miskien die toestand van sekere van die grondpaaie. Die winkels in die park voorsien ook in meeste van dit wat nodig is vir die verblyf hier. "
"Het self voorheen voltyds daar gewoon en gaan hou nog steeds vakansie daar. Baie lekker plek om te rus."
"Maak asb. net seker dat daar nie te veel huise in Marloth Park gebou word nie. Dit voel of daar te veel huise gebou word en daarmeesaam die bos-gevoel verminder."
"Marloth is ‘n rustige, bestemming in die bos waar wild op jou stoep kom kuier!"
"Best of both good restaurants and food and also convenience stores as well as being in the bush."
"Het baie lekker gebly. Baie mooi area tussen die bome en jy sien wild ook soos jy deur die park ry."
"Ons geniet Marloth Park vreeslik en dit is altyd lekker om terug te gaan."
"Marloth Park is 'n baie lekker plek om jou familie heen te vat. Diere kom eet uit jou hand. As jy in Des/Jan gaan maak seker jou bespreek 'n plek met lugversorging en 'n swembad."
"Nog altyd 'n groot gunsteling vir ons om te besoek omdat dit die geleentheid bied om ook deel van die Kruger se wild te sien uit jou eie omgewing."