Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Merweville

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Merweville bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 137 resensies.

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Dis 'n oulike plekkie met sy eie bekoring. Lekker teerpad tot daar. Ons sal beslis aanbeveel dat meer mense die plek besoek. Ons het ook 'n uitstekende ontbyt genuttig by die Boekklub restaurant."

Merweville

Kom Kyk Cottage

"Mooi dorpie. Besoek was die moeite werd."

Merweville

Die Botes Huisie

"Oulike Karoodorpie. Besoek gerus die nougatfabriek, haal my hoed vir die twee vrouens af. En moenie verbyry sonder om die boekklub te besoek nie. Baie gawe mense."

Merweville

Die Botes Huisie

"Merweville is vir seker 'n onverwagse skatkis in die pragtige Karoo wat ek ongelukkig nou eers ontdek het. Wat aanvanklik as 'n sakebesoek begin het, het eintlik in een van die rustigste en sielsgenesende wegbreke van my lewe geword. As gebore Namibiër, het ek nog altyd 'n groot waardering vir die platteland gehad. Nou dat ek in Kaapstad werk en bly, glo ek dat 'n mens so gereeld as moontlik uit die stad moet ontsnap sodat jou siel weer kan kans kry om te herlaai. En 'n besoek aan Merweville sal beslis nie teleurgestel nie! Wat vir my die opvallendste was is dat die dorpie werklik gaan "rus" wanneer die son sak. Snags is daar geen straatligte wat brand en selde enige motors wat rondry. Perfek vir diegene wat lief is om na die sterrehemel op te kyk - veral die asemrowende tipes wat die Karoo vir 'n mens elke aand skilder."

Merweville

Die Botes Huisie

"Gee hoop vir die res van SA. Dis skoon, paaie goed, en alle mense vriendelik."

Merweville

Kom Kyk Cottage

"Shame that several of the establishments were up for sale, but had a great lunch at the Bookclub. Also had a guided tour of the NG Kerk from the lady from the Boarding House next door - it was great!"

Merweville

Die Botes Huisie

"'n Pragtige plekkie en die dorpie is mooi skoon en die mense baie vriendelik. Die Boekklub se ontbyt was great gewees en die diens uitstekend."

Merweville

Karoo Stilte

"Merweville is pragtige dorpie met baie vriendelike mense."

Merweville

Karoo Stilte

"Lovely town with friendly people."

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Karoo op sy beste in die dorp. En gaan eet iets by Die Boekwinkel, 'n moet in Merweville."

Merweville

Springbok Lodge Merweville

"Merweville is nie vir almal nie, baie stil en rustige dorpie. As jy hou van stilte en rustigheid is dit ideaal. Dorpie is skoon en mense is baie vriendelik."

Merweville

Kom Kyk Cottage

"As jy wil rus en sterre kyk."

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Merweville het my stoutste verwagtinge oortref. Wens ek kan op Merweville woon. Wat 'n skoon dorpie! Spediale dank aan die locals vir al die inligting, Esther (verhuis intussen), Suzaan en ds Kallie. Wens net daar was 'n aansit-eetplek beskikbaar op die dorp. Niemand lus vir braaivleis na 1000 km se ry."

Merweville

Cindy Se Huisie

"Karoo bliss."

Merweville

Die Botes Huisie

"Gaan verken die omgewing!"

Merweville

Die Botes Huisie

"Dis te warm vir my!"

Merweville

Die Botes Huisie

"Sal dit aanbeveel vir 'n deurry, maar nie vakansiebestemming nie."

Merweville

Die Botes Huisie

"Die boekklub lekker kos. Die pragtige kerk."

Merweville

Die Botes Huisie

"Te min om te doen."

Merweville

Oasis Cottage

"Dis 'n oulike dorpie met vriendelike mense. Dis beslis die moeite werd vir 'n oornagstop en as jy op soek is na rustigheid."

Merweville

Die Botes Huisie

"Klein, maar pragtige en skoon plek. My geboorte dorp, so dit sal altyd na aan my hart bly."

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Pragtige dorpie so in die kom van die berge, gasvrye mense in die dorp, pragtige natuur, het die verblyf regtig baie geniet. Dankie Merweville , doen so voort."

Merweville

Cindy Se Huisie

"Dit is 'n baie skoon dorp en lekker stil in die aande."

Merweville

Die Botes Huisie

"So lekker gesels met almal wat ons op die dorp teëgekom het. Die Boekklub (reeks en restaurant), die slaghuis, Karoo Blessings (nougat), The Little Shoppe, die besonderse NG Kerkgebou, die staproete tussen Sutherland en Merweville, ens."

Merweville

Die Botes Huisie

"Te kort om enige sinvolle kommentaar te lewer, maar die interessante vertellings van die dorp en die omgewing regverdig 'n tweede besoek. Die NG-kerk is 'n besonderse imposante gebou met 'n kleurryke geskiedenis. Hierbewens is Merweville as dorp goed versorg, baie netjies en skoon. Terloops, nou baie toeganklik vanaf die N1 nadat die dorp met 'n goeie teerpad verbind is."

Merweville

Springbok Lodge Merweville

"Skoon en netjiese dorp met pragtige huise."

Merweville

Die Botes Huisie

"Ons het die kuier daar en by die Boekklub geniet."

Merweville

Springbok Lodge Merweville

"Gelukkig wil die meeste mense net jaag om by hulle bestemmings te kom, so dan is daar nog 'n paar sulke juwele in ons land vir ons ander mense oor. So bly daar is nog sulke plekke waar jy net kan rustig raak en weer jouself kry."

Merweville

Kom Kyk Cottage

"We had an interesting experience - three boys (children) gave us a guided tour (walk through) of Merweville which we thoroughly enjoyed - they were well behaved, friendly and did not in any way beg or made a nuisance of themselves. We bought them each a cool drink and ordered them some toasted chicken sandwiches from the "Boekklub" restaurant as a reward for their effort which they really appreciated."

Merweville

Cindy Se Huisie

"Skoon en netjies. "

Blad
Wys 1 tot 30