Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6215 resensies.
"Lydenburg bied goeie opsies vir die toeris asook verbygaande reisigers. Die omgewing is ryk aan natuurskoon en geskiedenis."
"Het naast gelegen Lionspruit Park is eigenlijk niet geschikt voor gewone auto's. De paden zijn erg ruw en het is beter om een hogere auto te hebben. Wegens de droogte zijn er veel dieren verplaatst omdat er niet genoeg eten is voor hen."
"Graskop is baie sentraal en ideaal om te bly as jy die besienswaardighede in die Laeveld en nabygeleë Limpopo wil besoek."
"Die park is reg teen die Kruger heining geleë en die Krokodilrivier met sy seekoeie en krokodille kan vandaar af gesien word. Die ingang na die Krugerpark deur die Krokodilrivierhek is ook net om die draai en ideaal om vanaf die suidekant die Kruger te besigtig. Maak net seker dat genoeg muskietafweermiddels ingepak word want die muskiete is nogals lastig na sonsondergang. "
"Ons eerste besoek aan Hectorspruit. Mooi natuurlike omgewing met baie landbou-aktiwiteite."
"Die dorp is baie kleiner as waaraan ons gewoond is. Die nodige kruideniersware en brandstof is te kry. Meer as dit het 'n mens nie regtig in die bosveld nodig nie."
"Geen probleem gehad om inkopies te doen nie. Daar is winkelsentrums om van te kies en te keur."
"Lekker omgewing met baie wild. Was lekker om met die fietse te kon ry. Daar kan wel bietjie aandag aan die grondpaaie gegee word. Ek sal weer gaan."
"Die grasgroen grasvlaktes van die omgewing is vir 'n Vrystater 'n lus vir die oog!"
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Crocodile Bridge Safari Lodge"Ek glo dit is 'n natuurliefhebber se paradys."