Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6133 resensies.
"Barberton has such a rich history of our mining years and lovely museums and are all well preserved. The Geotrail is also a big attraction, as well as the beautiful climate and plant life, Barberton is also not far from Nelspruit, Sabie and White river. Barberton is a lovely small lowveld town with a very rich history and worth exploring."
"Sal enige tyd daar tyd spandeer. Ons is vriendelik gehelp in die winkels en die dame by Dullstroom Art en Crafts het uit haar pad gegaan om die lappe vir ons te maak soos ons dit wil hê. "
"Dit is so lekker om oral by watervalle en besienswaardighede te stop en soveel oorsese besoekers in ons land te sien. Daar is tog hoop vir SA toeriste. Hou aan bemark dis die moeite werd! Ek weet nie onder wie val Mac Mac Poele nie maar die pryse daar is nie in lyn met die ander plekke nie. Net om te stop om na die poele te kyk en ry, en daar is die tyd van die jaar nie water nie, sou ons R90 kos, baie mense wil nie piekniek vir die dag nie. Hulle het baie geld verloor omdat almal by die hek omgedraai het. Vra ook R10 per kar vir kyk en ry soos die ander watervalle. (Net 'n voorstel.)"
"Marloth Park voel vir my soos hemel op aarde. Ek is 'n buitelug mens en die omgewing in Marloth is absoluut fantasies! "
"Pragtige dorpie, baie skoon en netjies! Aanbeveling vir uitmuntende restaurant - Art @ Food!"
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Elephant Walk Retreat"Ons beste Krugerwildtuin besoek van ons lewens! Ons sal verseker volgende keer weer na die suide gaan."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
5th Seasons Guesthouse"Drie heerlike restaurante: Saffron (vir spesiale aandete); The Food Fundi (fantastiese hamburgers, craft bier, spesiale tee en gebak); Steffanos (in Sonpark sentrum, ongelooflik goeie eg-italiaanse kos; vars gemaakte pastas, heerlike pizza en ongelooflike oondgebakte steak)."
"Graskop is 'n lieflike klein plekkie met baie doendinge, vriendelike mense en geleë in die mooiste omgewing. "
"Goeie terugvoer van gesin en kollegas wat onlangs besoek het. Plek het verskriklik uitgebrei."
"Dit is 'n oulike dorpie met baie om te doen in die omgewing. Dit is ook baie naby aan twee van die Krugerwildtuin se ingange. Die brandstofstasies is net nie heeltemal op standaard nie. Diens was nie te goed nie en die motor se bande se lugdruk kon nie nagesien word nie want die meter/pomp was buite werking. "
"Loved the town, you can spend a whole day there, the atmosphere is wonderful and there are so many places to eat out. The sight seeing in Graskop and surrounds is magical!"
"Jammer oor die Rooibokkies wat uitgeskiet word. Ek hou glad nie daarvan dat dit tussen die vakansiegangers gedoen word nie. My familie het nie baie veilig daarmee gevoel nie. Dink dis onvanpas om te skiet waar kinders in die omtrek is. Stem glad nie saam nie."