Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6237 resensies.
"Graskop is by verre die beste dorp t.o.v. ligging. Baie sentraal en selfs naby Krugerwildtuin. Ek sal beslis weer daar gaan oorbly."
"Kan ongelukkig nie kommentaar lewer nie. Ons was net vir een dag lank daar. Daar is wel heelwat dinge om te sien en te doen in die omgewing wat 'n besoek aan Malelane die moeite werd maak."
"Graskop is 'n baie interessante plek en ons was al baie daar gewees. Die beste restaurant is die glas rondawel, nie seker oor die naam nie, maar die kos is ongelooflik lekker!"
"Regte plattelandse atmosfeer behalwe dat die nuwe bedeling afbreuk doen aan die toeriste aantrklikheid. Niemand wil "Made in China" produkte koop nie."
"Ongelooflike plek met als wat 'n person soek! Kan nie glo hoe Witrivier uitgebrei het nie!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
LoerieRoepEstate - Mountainview Accomodation"Ongelooflike skoon en vriendelike dorp. Was aangenaam verras om Nelspruit te sien na al die jare. Sal beslis meer gereeld Nelspruit besoek."
"Al die blomme en pragtige groot groen bome was vir ons wondermooi. Die besoek aan die Birds of Prey Centre was 'n onvergeetlike ervaring. Daar is baie slaggate en veral die grondpaaie is erg verspoel. Maar eerder dit as 'n vreeslike droogte!"
"Baie oulike plek. Interessante winkeltjies. Die enigste klagte wat ons het en van die ander mense wat ons mee gesels het is dat, alles behawle restaurante vyfuur toemaak. Ons tyd was so min ons kon nie eers na al die winkeljies gaan nie. Ek kan verstaan dat dit seker nie in die week nodig is om oop te bly nie, maar hulle kan baie besigheid kry as hulle net Vrydae en Saterdae later oop bly. Tot die klein "coffee shops" maak vyfuur toe."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
LoerieRoepEstate - Mountainview Accomodation"Pragtige plek tussen die mooiste koppies!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Loerie's Call Guest House"Baie om te doen in en om die omgewing as jy bereid is om te ry. "
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
85 Ehmke"Die mooiste stad in die hele land. Alle besighede is vinnig bereikbaar en geen probleem om inkopies te doen nie."
"Vast improvement in the roads leading to Piet Retief - but the streets in town leave a lot to be desired."
"Sal sowaar weer en weer en weer in Sabie gaan kuier. Dis net die paaie wat aandag benodig."
"Dalk swemplekke duidelik aandui aangesien ons niks swemplekke kon kry nie."
"Dis baie beter om in Marloth Park by die Krokodilrivier teen die rivier te sit as om in die wildtuin rond te ry.... Mens sien veel meer diere... Ons het elke dag leeus gesien. "
"Almal wat ons daar ontmoet het was baie vriendelik en behulpsaam gewees."
"Hierdie is 'n eiesoortige gemeenskap. Die mense is baie vriendelik en doen regtig moeite om die noodsaaklikste items beskikbaar te he vir die besoekers. Ek het die klein tuisnywerhede geniet en die mense doen moeite met die produkte wat voorsien word en dit is vars. Oor die algemeen moet mens besef Marloth Park se hoofdoel is bewaring en rustigheid."