Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6164 resensies.
"Dullstroom is verskriklik duur. Die area is definitief meer gefokus op buitelandse besoekers. Die plaaslike inwoners is baie gasvryheid en behulpsaam. 'n Moet-doen is om na die Dullstroom Bird Of Prey and Rehabilitation Centre toe te gaan, dit was 'n indrukwekkende ervaring."
"Diere is mak en kom tot op die stoep. Ongelooflike ervaring. Bouers het geraas en oornag op site langs ons. Dink alle bouers moet 16:00 van sites af wees. Ons het maar gedurende die dag rondgery, maar van 16:00 wil mens die rustigheid ervaar."
"Marloth is stil en alles is beskikbaar teen 'n bietjie hoër, maar dit is nie so erg nie. Daar is plek vir uiteet en ander winkels wat jy kan besoek sonder om die park te verlaat."
"Dis die lekkerste vakansiewegbreek as jy net bietjie wil wegbreek van die stadsgejaag. Home away from away effek. Een van ons gunstelingplekke!"
"The roads are shocking in the town and surrounding areas! But this is not unique to Standerton."
"Die grootste negatief is die pad vanaf Dullstroom na Lydenburg. Die slaggate is uiters gevaarlik indien jy nie 'n lae spoed handhaaf nie. Die hoeveelheid trokke op die pad maak dit ook moeilik."
"Marlothpark baie kommersieel geraak. Dit raak baie besig met werkers wat in en uit ry. Aande is die beste wanneer dit stil en rustig is. Nogtans heerlik om die wilde diere te beleef."
"Goeie sekuriteit, mooi plek, heelwat wild. Duur diesel. Nabygeleë basis as jy dagbesoeke wil doen in Krugerwildtuin. Goedkoopste diesel is by depot in Komatipoort."
"Baie netjiese deel van ons land met asemrowende uitsig. Die Gorge, God's Window en Bourkes Luck, wonders van SA. Paaie net plek plek baie swak toestand."
"Puik en wonderlik, sal vir enige ouderdomsgroep aanbeveel. Die Krugerwildtuin op sy beste."
"Dit het die laaste 15 jaar báie agteruitgegaan. Ek kon geen winkel opspoor wat sy-produkte verkoop nie. Ek het gedroom van 'n sy-kussingsloop, maar is weer weg sonder een."
"As jy bo by die Gorge Lift staan sal jy nooit kan glo hoe mooi dit daar onder is nie. Jy moet met die lift afgaan om daardie beeldskone tonele te gaan besigtig. Dit is die geld werd."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Old Vic Traveller's Inn"Moderne, groot dorp naby baie ander toerismebesienswaardighede."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Bergsig Self-Catering"Nelspruit is a large city and has a lot to offer a tourist either staying in Nelspruit or passing through. Sleeping over in Nelspruit is a good choice, because it gives the tourist an early start to visit Kruger Park for example."
"A birders heaven, especially in winter when the stunning flowering aloes attract nectar-loving species. The grassland and forests also ensure that no birder will be disappointed. Quaint restaurants and wonderful hiking paths, very safe."
"Fantastic place, we have been quite a few times and it is always relaxing and feels like you are in the actual Kruger Park when staying at certain properties. I love the fact that the locals and permanent residence/community look after the main focus which is the environment and wild animals. It is truly a special place and every visitor should respect it and enjoy it."
"Vat maar genoeg warm goed saam as jy Dullstroom besoek. Oulike dorpie, net jammer vir al die swaar vragmotors wat deur die dorp loop."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
SleepOver Kruger Gate"Wees baie versigtig vir die blou-apies. Hulle besteel jou."