Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6237 reviews.
"Daar is maar min diere in die park. Soos bokkies, kameelperde, kwaggas, ens. In die verlede het ons dit baie geniet met baie meer diere. Die voëlskuilings is baie oulik en ons het etlike skaars spesies waargeneem. Die hout by die hek is aan die duur kant en buitendien nog sopnat. Verder is Marlothpark steeds een van ons mees gewilde wegbreekoorde. Sal ons beslis weer sien."
"With it bring post lockdown, we found the restuarants to be unstocked and the food was not very nice. The last evening we went to The Glass House for dinner and it was exceptional. Really enjoyed that. The site seeing and adventure was absolutely lovely and worth every cent paid."
"Alles wat jy nodig het kry mens in Marlothpark. Lekker rustige atmosfeer. Baie wild om te sien. Hulle kan aandag aan die grond paaie skenk."
Kruger National Park South, Mpumalanga
Sabie River Bush Lodge"Baie ruig en sien nie baie diere nie, maar dit hang af van die seisoen van die jaar. Kruger bly awesome."
"Paaie is slegter as wat ek verwag het vir mense wat laer karre het. Miskien moet hulle 'n waarskuwing opsit."
"Ek hou van die winkelsentrum wat naby die die huis geleë is. Jy het alles wat jy nodig het."
"Was very busy due to the long weekend. Enjoyed it much more previously when it wasn't so crowded."
"Ja, dis vreeslik lekker om daar vakansie te hou, want dis binne bereik van baie besienswaardighede."
"Hulle kan dalk werk aan hulle sekuriteit by die hekke, om meer paraat en konsekwent te wees. Die sekuriteit in hul bakkie moet asseblief aangespreek word oor hulle in die aande so jaag op die paaie en nie eintlik bedagsaam is met toeriste of diere op die paaie nie."
"Die omgewing is pragtig. Die paaie tussen Lydenburg, Pilgrimsrus, Graskop en Sabie kort baie aandag. Baie geniet om die Long Tom-pas te ry en ook die stop by die brouery geniet."
"Lydenburg se paaie is verskriklik! Dis nie net potholes nie, maar swak reggemaakte paaie wat onnatuurlike hobbels en gate ook nog in die pad veroorsaak. Maak ook nie saak in watter rigting jy in Lydenburg ry nie, al die paaie is in 'n skokkende toestand. Jy moet maar ekstra tyd vir reis deur Lydenburg bereken, bordjie wat aandui dat jy 100 km/h mag ry, kruip almal teen 40 km 'n uur om net veilig te bly."
"I would like to suggest that Nkomazi Municipality be informed that attention must be paid to the state of some of the roads. We were fortunate in owning a 4X4, but not everyone does. It is the municipality's duty as they receive rates and taxes."