Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6237 reviews.
"Veilige area met baie wild wat vrylik tussen die huise rond beweeg. Die huise is lekker afgesonder en privaat. Die Krugerwildtuin en Komatipoort is ook net om die draai."
"Daar is baie om te sien, maar van die plekke is baie sleg onderhou. Die omgewing is pragtig en die moeite werd om te verken."
"Elkeen wat Marlothpark besoek neem rustigheid van die natuur saam huistoe, bewaar dit vir ons nageslag."
"Dit is nou al die tweede keer wat ons daar kuier en dit bly nog besonders met die eenhede so weggesteek in die bos en die diere wat so naby kom - dit maak dit 'n buitengewone kuiertjie. Ons sal beslis weer wil gaan."
"Dullstroom is verskriklik duur. Die area is definitief meer gefokus op buitelandse besoekers. Die plaaslike inwoners is baie gasvryheid en behulpsaam. 'n Moet-doen is om na die Dullstroom Bird Of Prey and Rehabilitation Centre toe te gaan, dit was 'n indrukwekkende ervaring."
"Diere is mak en kom tot op die stoep. Ongelooflike ervaring. Bouers het geraas en oornag op site langs ons. Dink alle bouers moet 16:00 van sites af wees. Ons het maar gedurende die dag rondgery, maar van 16:00 wil mens die rustigheid ervaar."
"Marloth is stil en alles is beskikbaar teen 'n bietjie hoër, maar dit is nie so erg nie. Daar is plek vir uiteet en ander winkels wat jy kan besoek sonder om die park te verlaat."
"Dis die lekkerste vakansiewegbreek as jy net bietjie wil wegbreek van die stadsgejaag. Home away from away effek. Een van ons gunstelingplekke!"
"The roads are shocking in the town and surrounding areas! But this is not unique to Standerton."
"Die grootste negatief is die pad vanaf Dullstroom na Lydenburg. Die slaggate is uiters gevaarlik indien jy nie 'n lae spoed handhaaf nie. Die hoeveelheid trokke op die pad maak dit ook moeilik."
"Marlothpark baie kommersieel geraak. Dit raak baie besig met werkers wat in en uit ry. Aande is die beste wanneer dit stil en rustig is. Nogtans heerlik om die wilde diere te beleef."
"Goeie sekuriteit, mooi plek, heelwat wild. Duur diesel. Nabygeleë basis as jy dagbesoeke wil doen in Krugerwildtuin. Goedkoopste diesel is by depot in Komatipoort."
"Baie netjiese deel van ons land met asemrowende uitsig. Die Gorge, God's Window en Bourkes Luck, wonders van SA. Paaie net plek plek baie swak toestand."
"Puik en wonderlik, sal vir enige ouderdomsgroep aanbeveel. Die Krugerwildtuin op sy beste."
"Dit het die laaste 15 jaar báie agteruitgegaan. Ek kon geen winkel opspoor wat sy-produkte verkoop nie. Ek het gedroom van 'n sy-kussingsloop, maar is weer weg sonder een."
"As jy bo by die Gorge Lift staan sal jy nooit kan glo hoe mooi dit daar onder is nie. Jy moet met die lift afgaan om daardie beeldskone tonele te gaan besigtig. Dit is die geld werd."