Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6062 reviews.
"Geen straatligte in die nag nie en dit kan uiters bedreigend vir 'n stadsjapie wees."
"Die winkeleienaars is nie baie behulpsaam om inligting te gee oor mekaar nie. Ek het by verskeie winkels omgegaan om te vra waar Daisy's Den was. Een eienaar het nie "geweet" waar dit was nie (alhoewel sy reeds 20 jaar daar woon!) en die ander een het my heel in verkeerde rigting ingestuur net om uit te vind die winkel is 20 meter verder. Dankie vir Daisy's Den se mense wat so behulpsaam en vriendelik was. Ek waardeer dit."
"Ongelukkig is die grondpaaie in Marlothpark in 'n slegte toestand en het aandag nodig."
"Die natuur is pragtig! Jammer die dorpie het so agteruitgegaan en die paaie kort aandag."
"Lekker geleë teen die Krokodilrivier en natuurlik net 'n klipgooi van die Kruger af."
"Hier is nie groot winkels nie, noodsaaklikhede kan by die kafee gekoop word, maar wees maar voorbereid en bring al jou eie goed as jy Chrissiesmeer besoek."
"Die adrenalienjunkies het hier verskeie opsies en die rustiger natuurliefhebber besoek 'n ware paradys."
"Gaan gooi eerder brandstof by die Caltex vulstasie as by die Engen vulstasie. Toe ons wou brandstof gooi moes ons lank wag vir iemand om ons te kom help. Die plek was glad nie besig nie, maar niemand wou uitkom om ons te bedien nie. Ek en twee ander voertuie het later maar gery na die Caltex stasie toe vir brandstof."
"Besoek Marloth vir die laaste 28 jaar ongeveer 3 keer 'n jaar. Sal die 400 km met plesier ry vir die rustigheid."
"Dit was pragtig alhoewel ons nie alles kon sien nie as gevolg van stakings."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Cronje Cottage"Baie aangename en rustige omgewing. Die mense daar is net anders as in die stede meer vriendeliker en laat 'n mens dadelik tuis voel. Awesome. "
"Fifth or sixth visit to Kaapsehoop over 20 years, always a beautiful and relaxed place to spend a holiday."
"Sal beslis die ou hotel aanbeveel wat kuier en etes betref. Baie goeie waarde vir geld."
"Marloth bly nou maar net ’n diamant van ’n bestemming. Dit verskaf rus vir die siel en soveel meer."
"Marloth park is minute van die Kruger Wildtuin se Krokodilbrug hek af, net met goedkoper en gemakliker verblyf en meer om te doen wanneer die kinders moeg raak vir wildsritte. Marloth is stil en vreedsaam en pure bos - jy mag heel moontlik kameelperde, zebras, blouwildebeeste, rooibokke, muishonde en koedoes raakloop as jy bietjie gaan stap, of sommer op jou stoep as daar 'n voertrof of water naby is. Gaan slaap met die gebrul van leeus in die agtergrond en word wakker met die geroep van die visarend."