Resensies van Murraysburg

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Murraysburg bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 23 resensies.
Kobus S. - 14th January 2019
staying in Murraysburg
Indien jy van die platteland hou sal jy goed kan aanpas. Ongelukkig geen restaurante.
Petra F. - 13th January 2019
staying in Murraysburg
Murraysburg se mense is gasvry. Hulle ontvang graag mense en wil graag meer toeriste lok. Dit is beslis 'n besoek werd.
Francois L. - 1st January 2019
staying in Murraysburg
Daar is nie veel op die dorp nie, so nie baie om te sien of doen nie. Is egter 'n pragtige wêreld om deur te reis.
Helene V. - 31st December 2018
staying in Murraysburg
Effense draai van die N1 af, maar so 'n rustige dorpie om te voet te verken, met die mooiste ou kerk en 'n nóg mooier sonsondergang.
Selma O. - 3rd September 2018
staying in Murraysburg
One of those towns that does not seem to offer much at first, but when you delve deeper and chat to the locals there are some quirky characters to meet and some interesting things to see.
Mari H. - 27th June 2018
staying in Murraysburg
Moet nie ander mense verwag nie. Verwag wel 'n grondpad. Perfek as jy wil gaan jag.
Otto A. - 10th April 2018
staying in Murraysburg
Die omgewing is baie rustig, was nie in die dorp self nie.
Nico L. - 1st March 2018
staying in Murraysburg
Moeite werd om hier verby te ry, die area te verken en oor te slaap. Veral vir fotografie entoesiaste.
Rene C. - 8th January 2018
staying in Murraysburg
Die swembad en die diere as ook die vriendelikheid was meer as wat ons verwag het en om jouself te vind, gaan gerus soontoe.
Wilma P. - 6th January 2018
staying in Murraysburg
Goeie oornagplek tussen Gauteng en Kaap.
Peter B. - 2nd January 2018
staying in Murraysburg
Nie wel bekende area nie, nie iets gewees wat ons aandag getrek het om te gaan besoek in die area nie.
Adriaan S. - 16th December 2017
staying in Murraysburg
Perfekte oornag plek vir 'n reis van Johannesburg na die Kaap toe.
Elaine B. - 24th October 2017
staying in Murraysburg
Nice and quiet town for someone who wants to rest.
Philip C. - 5th October 2017
staying in Murraysburg
Wonderlike mense en geskiedenis. Silwer skoon Karoodorpie wat absoluut die moeite werd is om te besigtig. Vra na 'n toer deur die NG Kerk. Dit was 'n belewenis!
Marié B. - 4th January 2017
staying in Murraysburg
Dit lyk verlate.
Willem K. - 16th December 2016
staying in Murraysburg
Die dorpie, soos baie ander in Suid-Afrika, is baie verwaarloos, maar daar is baie potensiaal.
Wallie L. - 5th December 2016
staying in Murraysburg
Dit is die moeite werd om vooraf heelwat inligting in te win oor die mense en geskiedenis van die dorp. Dit is verrassend om te merk hoeveel vooraanstaande politici, akademici en nyweraars uit die klein dorpie gespruit het!
Marius V. - 18th November 2016
staying in Murraysburg
Het laat aangekom en vroeg vertrek, glad nie besigtig nie.
Johan C. - 16th October 2016
staying in Murraysburg
Bring maar eie proviand saam, na-ure gaan daar niks meer aan of is oop nie.
Anton B. - 24th January 2016
staying in Murraysburg
Uniek.
Louise M. - 6th January 2016
staying in Murraysburg
Daar is geen probleem met Murraysburg, maar ons het dit terwille van familie besoek.
Cobus L. - 16th July 2015
staying in Murraysburg
Goeie ontsnapping uit die besige stad. Heerlike Karoo ervaring.
Pieter B. - 15th January 2015
staying in Murraysburg
Het nie werklik tyd gehad om die dorp te besoek nie, maar die omgewing bied definitief heelwat vir die natuurliefhebber.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za