Geverifieerde Resensie
Namakwaland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namakwaland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1442 resensies.
"Kamieskroon is 'n baie nice dorpie. Al wat bietjie gepla het is dat omtrent al die plekke toe is op 'n Sondag. Maar kon darem koffie kry by 'n winkeltjie in die hoofstraat. Eienaar is baie behulpsaam en vriendelik."
"Dit is 'n pragtige deel van ons land, en nie net vir die blomme nie."
"Besonderse wêreld - mens kan jouself amper verbeel dat die land se probleme nie daar uitkom nie! Asemrowende landskap en 5 sterre vir toeristebestemming as jy soek vir afskakel en rustigheid."
"Although there is abject poverty amongst the local community, we never felt unsafe at any time. Apart from the few sightseeing sites/tourist attractions, there is not much to do, except to enjoy the views, read your favourite book or have a braai with friends and family. There is cell phone reception and the WiFi worked well during our stay. It is recommended to plan your trip well by taking along everything you will need, eg. groceries, drinking water, firewood, etc. We engaged with the local community and found that they need a lot of encouragement to keep on keeping on. They live in hope that things will turn for the better so that the community can be uplifted. "
"Pragtige natuur maar die dorp se infrastruktuur, veral die paaie, toon duidelike tekens van erge verval."
"Dit was ons gevoel dat almal in Springbok vriendelik is. Van die petroljoggie tot die mense in die Spar en die Nando's, tot die waterhandelaar en die gastehuispersoneel. Springbok is 'n juweel."
"Unique part of the country that you will appreciate more if you go off the beaten track."
"As 'n dorpie wat baie van die nabygeleë myn afhang het Hondeklipbaai geen beurtkragprobleme nie! Die feit dat vars snoek ook amper elke dag in die baai te koop is maak dit seker een van die mees gesogte dorpe in SA. Die winkeltjes op die dorp is klein maar hou omtrent alles aan wat mens kan nodig hê op 'n vakansie. Die drankwinkeltjie kan die dorsprobleme hanteer en die restaurante is perfek vir die tye wanneer jy nie wil/kan braai nie."
"Alhoewel dit beurtkrag was, was die museum oop en ons kon dit besoek. Dit was Vrydag, einde van die maand en die dorp was vol. Daar is pragtige ou geboue en gedurende blommetyd kan ek net dink dat die omgewing baie mooi moet wees. Ons het gesukkel om 'n outentieke plek te kry om ontbyt by te gaan eet en moes maar tevrede wees met Wimpy. Ek kan nie genoeg luister na hoe die Springbok se mense praat nie! Jy hou of van daardie wêreld of nie. Ek sal maklik vir 'n week daar gaan kuier, terwyl my mede-reisigers net so gou as wat kon, wou aanry huis toe!"
"Ons was nie lank genoeg in Springbok om dit regtig te kon beleef nie. Maar ons het by Tauren's Steakhouse gaan eet en dit was baie aangenaam gewees. Voorgestel deur Nettie. So die sterre is seker maar vir die een aandete. Baie vriendelike mense waarmee ons te doen gehad het. En heel lekker geëet."
"Ons sal weer hier wil oorbly op pad na Namibie. Dit is die beste halfwegstop of as mens wil wegbreek van die stad se malligheid."
"Het nie Springbok as sulks besoek nie. Dit is egter baie goed geleë vir verblyf indien mens reis na Namibië of blommekyk."
"Ek sal vir seker weer Springbok toe gaan in die toekoms. Dit was 'n ongelooflike ervaring."
"Die dorp Springbok het ons nogal verras, meer funksioneel tussen die koppe as wat ons verwag het. Dit was net 'n oornag plek, het nie die omgewing verder verken nie."