Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7950 reviews.
"As die tyd my sou toelaat sou ek na die damwal en kerk wou besigtig het. Ek het nie omgegee om die extra 20 km na Rosedale te gery het nie. Dit was die moeite werd. Heerlike braaitjie gehad en sommer net ontspan na die lang pad vanaf Kaap."
"Springbok is ideaal as oorslaapplek as jy op pad is na Namibië. Die dorp was egter die heel dag sonder water, omdat daar die vorige dag baie kragonderbrekings was. Die dorp kan ook skoner en netjieser wees."
"Baie klein Karoo-dorpie. Het nie regtig rondgery nie. Maar oor die algemeen is ek verlief op enige Karoo-dorpie, groot of klein. Ek glo elke Karoo-dorpie het sy eie verhaal om te vertel."
"Not much to see, so only come if you want to relax by the sea. But it's too cold to swim."
"Die oorvloedige Maartblomme was vir ons 'n abolute fees. Dit was ook lekker om entrepreneurs te ontmoet wat in die stil tyd ook aanhou sake doen."
"Vanderkloof is a quiet hidden gem. If you have a boat, the dam is amazing. Wonderful supermarket seems always to be open and friendly. Friendly and helpful fuel station. Love seeing locals feeding stray cats."
"Dis die moeite werd om Calvinia te ondersteun. Die mense kry swaar en die dorp het so baie om te bied en is pragtig."
"Heerlike stil dorp met pragtige strande. Hier kan mens rus vir jou siel kry."
"Wonderlike rustige en stil dorpie. Ons het elke oomblik geniet, baie gestap en baie rondgery op die paaie rondom Hondeklipbaai. Heerlik ge 137et by Dop en Kreef. Pragtige foto's geneem en heeltemal uitgerus."
"Slaapgereiwe buite die dorpie met ’n mooi uitsig oor die rooi duine sal 'n ongelooflike bestemming wees."
"Verskriklike slaggate op al die paaie. Mens kan die munisipale wanbestuur met ’n stok voel. Vreeslik hartseer om dit te sien. Ons het met ’n gewone sedan voertuig die dorp besoek. Ek sal dit nie aanbeveel nie. Op sommige plekke moes ons op die sypaadjie ry. Wat ’n kontras teenoor die toestand van ons paaie in die Wes-Kaap."
"Dis 'n mooi dorpie en lekker om te sien. Mense in die besighede en restaurante was baie vriendelik. Die gebruik van drank deur jongmense op die loopplank by die see, is kommerwekkend. Uit ons eenheid kon ons sien hulle in groepies drink en die bottel rondstuur. Dit skep sekerlik nie 'n goeie beeld vir die dorp nie."
"Puik ou boeregemeenskap met kultuur wat ons nie moet misry nie. Moet beslis besoek word."
"Die inwoners van die dorp is baie vriendelik en verwelkomend. Al was die Map toe, was Tino, die opsigter, bereid gewees om ons in die museum te verwelkom en rond te wys. Ons het die Paasnaweek baie geniet en dit baie geniet om die mense van Richmond beter te leer ken."
"Oulike dorpie vir oornag op pad Weskus toe of Windhoek toe. Voel veiliger daar as in Kuruman."
"Die Augrabies Falls National Park fasiliteite is top-notch en die valle self is asemrowend!"
"This is not really so much of a destination as a stop over. But we also didn't explore much, so maybe we didn't get to see it properly. Colesburg is a great stop over location if traveling from JHB to CT."