Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7939 resensies.
"Slaapgereiwe buite die dorpie met ’n mooi uitsig oor die rooi duine sal 'n ongelooflike bestemming wees."
"Verskriklike slaggate op al die paaie. Mens kan die munisipale wanbestuur met ’n stok voel. Vreeslik hartseer om dit te sien. Ons het met ’n gewone sedan voertuig die dorp besoek. Ek sal dit nie aanbeveel nie. Op sommige plekke moes ons op die sypaadjie ry. Wat ’n kontras teenoor die toestand van ons paaie in die Wes-Kaap."
"Dis 'n mooi dorpie en lekker om te sien. Mense in die besighede en restaurante was baie vriendelik. Die gebruik van drank deur jongmense op die loopplank by die see, is kommerwekkend. Uit ons eenheid kon ons sien hulle in groepies drink en die bottel rondstuur. Dit skep sekerlik nie 'n goeie beeld vir die dorp nie."
"Puik ou boeregemeenskap met kultuur wat ons nie moet misry nie. Moet beslis besoek word."
"Die inwoners van die dorp is baie vriendelik en verwelkomend. Al was die Map toe, was Tino, die opsigter, bereid gewees om ons in die museum te verwelkom en rond te wys. Ons het die Paasnaweek baie geniet en dit baie geniet om die mense van Richmond beter te leer ken."
"Oulike dorpie vir oornag op pad Weskus toe of Windhoek toe. Voel veiliger daar as in Kuruman."
"Die Augrabies Falls National Park fasiliteite is top-notch en die valle self is asemrowend!"
"This is not really so much of a destination as a stop over. But we also didn't explore much, so maybe we didn't get to see it properly. Colesburg is a great stop over location if traveling from JHB to CT."
"Ons het by Die Plattelander gaan eet. Hulle sien ons ook beslis weer! Lank leef Colesberg!!!!"
"Kan lekker bestemming wees as jy stil Karoo omgewing wil hê met aktiwiteite soos bergfietsry."
"Interesting historical facts and building. Food and service at local establishments was good."
"A quaint little town with an excellent restaurant to enjoy real Karoo cuisine and hospitality."
"Ken nie Colesberg so goed nie, maar maak die meeste daarvan wanneer meer as net een nag or dag daar is!"