Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7847 resensies.
"’n Plek wat sigbaar verval. My vrou se moeder is in die begraafplaas begrawe maar mens kan nie daar inkom nie, weens die vervuiling en uiters swak paaie."
"Die plekkie is vol stories, maar die gebrek aan veiligheid van die eiendom maak dit onaangenaam."
"Carnavon het 'n heerlike restaurant, Lord's Kitchen, wat van 16h00/17h00 af oop is (hang af wat die dag is wat jy besoek). Alle ander winkels maak 17h00 toe, dus moet jy seker maak jy het alles wat jy nodig het vroegtydig. Daar is nie goeie selfoonseine nie, dus, as jy van alles af wil wegkom, is dit die ideale plek."
"Dit is 'n oulike, plattelandse dorpie - iets wat ons hier in die stede mis."
"Ons het verby 'n baie gesellige restourant gery op pad na die gastehuis. Jammer ons het nie tyd gehad om daar saam te eet en kuier nie. Ons het uitgemis. Dis sulke goed wat mens die karakter van die dorp en sy mense laat mis. Ons sal beter beplan volgende keer."
"Britstown het 'n geweldige arm gemeenskap met baie nood. Die dorp word verwaarloos deur die lokale munisipaliteit. Die boere in die omtrek maak meestal van die groter dorpe gebruik alhoewel daar 'n OVK in die dorp is. Daar is nie baie werksgeleenthede in die dorp nie a.g.v. disinvestering."
"Victoria-Wes, soos enige klein dorpie in die Karoo, het sy bekoring, sy mense mense en natuurlik die lekkerste skaapafval by die Merino Restourant."
"Die Pienk Padstal by die brug is 'n moet. Net jammer die koffiewinkel by Belvedere was reeds toe met aankoms."
"'n Vriendelike dorpie omring van groen wingerde en ideaal vir 'n oorstaan op pad na die valle of Kalahari of Namibië."
"Slegs oornag en nie geleentheid gehad om die dorp te verken nie. Hou van die rustigheid."
"Hierdie keer het ons nie die area se besienswaardighede benut nie, maar uit ondervinding weet ek dat daar heelwat te sien is. En nie noodwendig in die blommeseisoen nie!"
"Het al in baie plekke gebly in Colesberg, maar soek nog die plek wat aan vereistes voldoen. Goedkoop verblyf is nie altyd die beste nie. Ek dink Gariep Dam is 'n beter plek om te bly as ek na verblyf opsies kyk."
"Ek is mal daaroor om na die sterre te kyk in die hemelruim. Ek gaan gewoonlik Sutherland toe maar hier in Nieuwoudtville was dit ook maar net so mooi. Net 'n jammerte dis so vreeslik droog."
"Ek weet nie wat alles in die omgewing beskikbaar is vir besoekers nie, maar die plek is nog altyd uitstekend geleë vir oornagakkommodasie in die Noord-Kaap."
"Upington is 'n pragtige plek, uniek en eintlik so naby aan die ander juwele in die Noord-Kaap. Dit voel soos 'n stukkie van die Kaap. Ons het 'n lieflike aand gehad met aandete by die Red Ox - wat 'n aangename verrassing! Pragtige uitkyk oor die rivier en die kos was baie lekker. Omgee mense."
"Hul kort swembaddens. Dis ongelooflik warm in die area en daar is min afkoelplekke."
"Dink dis ’n plek met baie potensiaal wat nie besef word nie. Maar dink dit dra by tot die karakter van die plek. Ons het dit baie geniet en sal weer daar gaan kuier. Dis waarlik ’n wegbreek van die gejaag."