Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7917 resensies.
"Mooi klein dorpie in die Karoo. Ons het net deurgery so het nie die plek verken nie."
"Die dorp het wel vir my baie agteruitgegaan en dis 'n groot jammerte, aangesien hy so sentraal geleë is tussen Kaapstad en Johannesburg."
"Calvinia se inwoners is altyd hartlik, gasvry en vriendelik. Die argitektuur van die ouer huise is beslis iets besonders. Die skuinskoek is eie aan die streek en onweerstaanbaar! "
"Sjoe, groot winkelsentrum vir so ver noord. Gaan ontdek jouself in die stilte."
"Hier is 'n lekker klein gemeenskap met vriendelike mense. Ons het lekker kermis met die plaaslike kerk gehou so tussen die blommekyk."
"Die valle is baie mooi. Die houtpaadjies kort aandag en die restaurant is vuil."
"Wonderlike ou dorpie. Ongelooflike blommebestemming."
"Kathu is besonder skoon en netjies wanneer vergelyk word met ander dorpe wat ons besoek het op ons reis. Dit blyk 'n pragtige dorp te wees."
"Dis 'n mooi dorp, maar die groot aantal kinders wat by elke straathoek by motoriste bedel is onstellend. Daar is ook oral langs paaie gebreekte glas en rommel wat in die bosse rondlê. Die strate self was redelik goed skoongemaak, maar moenie gaan stap af van die hoofroetes nie."
"Hierdie plek laat jou soos 'n koning voel. Ontvangs en diens is uitstekend. Heerlike aandete by die restaurant geniet en ontbyt by die gastehuis. Baie dankie Pieter. Sal beslis weer volgende keer daar oorbly."
"Blommeprag. 'n Omgewing om te besoek in die laat winter/vroeë lente. Mense is baie vriendelik en hulpvaardig."
"Nieuwoudtville is die hartland van die blommeskatkis en elke erf is oortrek met blomme en lelies. Van hier af kan jy maklik in elke rigting die blomme rykdom bereik en beskou. Die jaarlikse mark in die kerksaal is ook die moeite werd om te sien. "
"Die heel beste blomme van die hele toer het ons in Nieuwoudtville gesien en die lekkerste kos by Matjiesfontein geëet! Asook die heerlikste pannekoek by die toeristeburo!"
"Vir ons is dit maar net 'n oornag stop op reis van Gauteng Kaap toe. Party van die gastehuise wat ons al gebruik het is maar baie treurig. Dis 'n vriendelike dorp, baie mense groet jou en is behulpsaam."
"Ongelukkig tans slegs 'n blommebestemming vir ons."
"Die dorp is netjies en die strate sonder slaggate. Ongelukkig was my verblyf te kort om volledig oor Hanover as 'n toeristebestemming kommentaar te lewer. "