Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7950 reviews.
"Die dorp het skynbaar sy eie politieke en bestuursprobleme, maar die skoon strate, ten spyte van slaggate in sommige, was opmerklik. "
"The falls are spectacular. We wanted to eat our packed lunch at the falls and were physically attacked by monkeys."
"Ek dink Hanover is 'n ideale oornag dorpie, met pragtige kerkgebou, maar sal nie langer as 'n dag of 2 daar kan vertoef nie."
"Pragtige skoon dorpie met pragtige omgewing wat beslis 'n besoek werd is. Naby die roete na Augrabies en Kgalagadi Nasionale Park."
"Netjiese skoon dorp met interessante geskiedenis en pragtige behoue argitektuur, en dit alles teen 'n agtergrond van die mooiste Hantamberge."
"Dis 'n aangename dorp, maar het nog bietjie werk nodig om sy potensiële attraksies te ontwikkel."
"Lieflike berge om te klim en vriendelike mense. As jy wil weg breek van die gewoel van die stad is Springbok jou plek!"
"Ons het so 'n bietjie rongery en die groot blomposbus afgeneem. Was ook by die Hantamhuis, maar daar was nie tyd om ander besienswaardighede te besoek nie."
"Baie goeie ligging, naby die Kalahari Mall en dorp, asook naby die hoofpaaie. Ook stil en rustig."
"Interessante geskiedenis en geboue, en die Hantamhuis en die massiewe posbus is die moeite werd om te sien. Die museum met die ou lokomotief was ook baie interessant om te besoek. "
"Nie 'n dorp om lank te vertoef nie, maar dit was 'n aangename ervaring om die Noord-Kaap te verken."
"Die Tauren is 'n restaurant wat 'n besoek werd is met heerlike goed voorbereide disse en topklas diens. Ons het ook die Springbok Inn besoek, maar behalwe dat dit baie mooi is nie getoets om dit te bepunt nie. 'n Baie woelige dorp veral oor 'n naweek."
"Elke mens moet die wonder van Augrabies minstens een keer in die lewe sien en ervaar. Hier vind ek weer myself, keer op keer in die stilte wat jou ore seermaak."
"Mooi wêreld met die pragtige kameeldoringbome oral. Beste gholfbaan in die land tussen pragtige kameeldoring plantasie. Kalahari klub goed toegerus en baie netjies."
"Vir natuurmense wat nie bang is om ver van ander te wees op baie plekke nie is dit onverbeterlik."