Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7895 resensies.

Victoria-Wes, Noord-Kaap

De Oude Pastorie Gastehuis

"Mooi, rustige dorpie met gawe mense orals waar mens gaan."

Springbok, Noord-Kaap

Arendsnest

"Die Tauren is 'n restaurant wat 'n besoek werd is met heerlike goed voorbereide disse en topklas diens. Ons het ook die Springbok Inn besoek, maar behalwe dat dit baie mooi is nie getoets om dit te bepunt nie. 'n Baie woelige dorp veral oor 'n naweek."

Augrabies, Noord-Kaap

Kleinbegin Augrabies

"Elke mens moet die wonder van Augrabies minstens een keer in die lewe sien en ervaar. Hier vind ek weer myself, keer op keer in die stilte wat jou ore seermaak."

Keimoes, Noord-Kaap

Ou Skool Guest House

"Wonderlik om die rustigheid en skoon dorp te kon waardeer."

Kathu, Noord-Kaap

Eagles Rest Kathu

"Mooi wêreld met die pragtige kameeldoringbome oral. Beste gholfbaan in die land tussen pragtige kameeldoring plantasie. Kalahari klub goed toegerus en baie netjies."

Noord-Kaap

Papkuilsfontein Guest Farm

"Vir natuurmense wat nie bang is om ver van ander te wees op baie plekke nie is dit onverbeterlik."

Vosburg, Noord-Kaap

Elvee Accommodation

"Ons het nie juis dorp verken nie. Tyd was kort!"

Rooiwal Suid, Noord-Kaap

Orange River Rafting Lodge

"Aanbeveel as toeristebestemming. Oorskadu sommige peperduur oorde wat ons onlangs besoek het, wat prys en gehalte betref."

Calvinia, Noord-Kaap

Tarantula Guesthouse

"Die Blou Nartjie restaurant!"

Kamieskroon, Noord-Kaap

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Die mense is vriendelik en behulpsaam. Besoek gerus die koffiewinkel. Jy kry meer as net kliëntediens daar."

Noord-Kaap

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"'n Mens moet so elke nou en dan jou siel kom lawe onder die sterre en in die stilte."

Kamieskroon, Noord-Kaap

Gousblom Gastehuis

"It is very difficult to get around when you are unfamiliar with the area but the people are more than happy to lend a hand."

Kathu, Noord-Kaap

Martinique Guesthouse

"Kathu het baie potensiaal. Aangenaam as 'n oorbly-dorp, met goeie stedelike geriewe. Die golfklub het 'n pragtige restaurant en omgewing."

Augrabies, Noord-Kaap

Kleinbegin Augrabies

"Baie mooi om die mooi Augrabiese Waterval te kon sien."

McDougallsbaai, Noord-Kaap

Peaceful Place

"Potensiaal vir aftrede."

Keimoes, Noord-Kaap

Kokerboom Lodge

"Meer eetplekke sal aangenaam wees."

Carnarvon, Noord-Kaap

Joosteswerwe Guest Farm

"Hulle Spar is toe op 'n Sondag. Moet dus nie beplan om inkopies te doen nie!"

Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Willemsrivier Trekpad Guest Houses and Wild Camping

"Die meeste mense in die groep is/was Nieuwoudtvillers en dit was heerlik om weer die lekker vroeë vars lug en rustigheid te kon in asem."

Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Willemsrivier Trekpad Guest Houses and Wild Camping

"Die dorp is pragtig groen en oral is daar bewyse van 'n egte gemeenskap wat omgee vir die dorp en mekaar. Die mense is hartlik en net so mooi soos die natuur en die besonderse sandklip argitektuur. 'n Bonus was dat dit lamtyd was en dat daar oral vrolike lammetjies op groen gras saam met die ooie gewy het. Voorwaar 'n plek waar die siel kan asemhaal!"

Augrabies, Noord-Kaap

Avonsrus Guest House

"Regte plattelandse dorpie."

McDougallsbaai, Noord-Kaap

Dis Al! Akkommodasie

"'n Oulike plekkie met wonderlike vriendelike mense. Dit was wonderlik om daar te bly en lekker te rus."

Colesberg, Noord-Kaap

Hartklop Eer die Lewe

"Dit is 'n great dorpie!"

Kuruman, Noord-Kaap

Safari Travelodge

"Jy kan die Oasis Casino besoek. Daar is ook 'n restaurant."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Rest-A-While

"Die Mannetjies Roux museum kan besoek word. Die Merino Restaurant berei die lekkerste skaapvleisdisse."

Kakamas, Noord-Kaap

Palmhof Chalets

"Daar is nie veel te doen in Kakamas nie behalwe die Pienk Padstal en die Oranjerivier brug. In Keimoes is ook nog die ander bekende droë vrugte padstal en verder is daar ook nie veel anders te sien nie. Kakamas is 'n lekker stilhouplek op pad na of vanaf Augrabies."

Springbok, Noord-Kaap

Hananja Lodge and Restaurant

"Rustige atmosfeer. Gawe mense. Kos uitstekend. Stil en mooi area. Besoek die plek gerus."

Kakamas, Noord-Kaap

Palmhof Chalets

"Ek sal enige tyd terug trek. Vriendelik en gasvry."

Groen Kalahari, Noord-Kaap

Slypsteen Accommodation

"Sal dit aanbeveel. Het 'n besondere bekoring."

Noord-Kaap

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"Die paaie is mooi en goed onderhou."

Blad
Blad 204 - Wys 6091 tot 6120
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang