Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7920 resensies.
"Werklik 'n geskiedkundige dorpie. Die mense is baie vriendelik en daar is heerlike restaurante."
"Upington word heeltemal te min bemark. Daar is so baie om te sien en te doen langs die rivier. Groot besighede soos Oranje Wynkelder, KLK, SWK, Shoprite, Pick n Pay SPAT. Die plaaslike klein besighede behoort baie meer betrek te word om die skoonheid van Upington en die Noord-Kaap bekend te maak."
"Ons het net een nag daar geslaap en het nie veel te doen gehad daar nie. Die baie sonpanele op verskeie plase was interessant om te aanskou. Die mense het ons baie gasvry en hulpvaardig ontvang."
"Bigger centre, a launching place for Karoo activities - Tankwa, Bike Burn, Africa Burn, etc."
"Kamieskroon is natuurskoon, die omgewing asemrowend mooi en rustig, die mense behulpsaam maar 'n mens sukkel met beskikbaarheid van etes of 'n restaurant as toeris."
"Die resturant was voldoende, maar na 18:00 is dit maar 'n probleem om iets te koop in die dorp. Ons het ongelukkig net die dorp in die donker gesien."
"There is so much to see and Augrabies Falls is not too far to travel. The roads are good."
"Springbok is die ideale halpad-stop op pad Namibie toe. Probeer gerus Taurens Steak House vir die beste steaks ooit!"
"Ons het die gevoel gehad dat die dorpje nie mooi wakker is nie. Hulle kan baie meer maak van bv. die AfrikaBurn-gangers (soos wat ons was), wat daar oornag op pad na die Tankwa. Dit is 'n strategiese oorslaap vir AfrikaBurn. Dit behoort ook so geadverteer te word. Ons het by Manna Restaurant geëet, deur die eienaar aanbeveel. Dit was wel goed, maar ons was die enigste mense daar. Miskien word Manna ook nie so goed adverteer nie? Die hele Williston ondervinding kry nie meer as 6 uit 10 nie. Ek is eghter oortuig die potensiaal is daar vir 'n 8! "
"Wonderlike restaurant, genaamd Plattelander, met heerlike kos en vriendelike diens. hoogs aan te beveel."
"Hondeklipbaai is 'n heerlike dorpie om te ontspan en rustig te raak. Baie dinge om te sien en doen. Maak seker jy gaan eet by die Rooi Spinnekop restaurant!"
"'n Lekker klein dorpie met n rustige, ontspannende atmosfeer. Gaan stap op die strand, dis die moeite werd!"
"Pragtige plekkie, wens ons kon langer daar bly om die hele dorpie te beleef - baie rustig en stil oor 'n langnaweek."
"Pragtige dorpie! Onthou net dat die restaurant in die dorpie toe is op 'n Sondag."