Verified Reviews
Escape From Johannesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Johannesburg
Rated 4.2 out of 5 based on 5311 reviews.
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Plaas Toe"'n Wonderlike naweekplek vir mense van Johannesburg en Pretoria. Die bos en veld is fantasties. Daar is altyd wild om te besigtig, maar die Groot 5 is skaars. Die reservaat is 22 000 hektaar en tussen 25 en 30 olifante, so gaan net om die bos en veld te geniet. Ons het seekoei, jagluipperd en bosvark gesien wat ongelooflik spesiaal was. Gaan steek 'n vuurtjie aan onder die sterre en vergeet van die stad se gejaag."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Hogs Guesthouse"Die padkaart kan beter wees en dit sal meer gerieflik wees as permitte by verblyf gekry kan word."
Parys, Escape From Johannesburg
Parys Golf and Country Estate 2951"We enjoyed walking around the town and in and out of the antique shops. Good variety of restaurants and things to do."
Bethlehem, Escape From Johannesburg
Vredelus"Skoner en minder slaggate as meeste van die ander dorpe waardeur ons gery het."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Die Opstal Gastekamers"Groot, studente dorp met baie oulike eet- en kuierplekkies."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Hartedief Gastekamers"Ons het net oornag op ons pad huis toe, maar Potchefstroom is 'n pragtige dorp."
Rustenburg, Escape From Johannesburg
@ Home Guest House"Potholes, two of tyres were damaged by them."
Parys, Escape From Johannesburg
The Danes on Vaal"Baie oulike antieke winkels en heerlike gesellige koffiewinkels en lekker etes."
Bethlehem, Escape From Johannesburg
Die Dorpsmeerkat"Eish - die paaie, maar die vriendelike mense maak op daarvoor!"
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Mangwa Valley Game Lodge & Spa"Het 'n fantastiese, amptelike wildrit by Mongena Game Lodge gehad. Goed bestuur en uiters netjies."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
De Kleine Serengeti Game Lodge"Die "self drive" roetes is goed gemerk en die reservaat is pragtig, daar is egter baie groot dele waar jy nie kan ry nie, omrede dit privaat grond is en besoekers op die "self drive" word nie daarop toegelaat nie. Dit is nogal 'n uitgawe om die reservaat te besoek."
Parys, Escape From Johannesburg
Le Grand Chateau"Loadshedding, slaggate in paaie is nogal geneig om 'n demper te plaas op wat ons eintlik be-oog om te geniet. Aanwysingsborde na spesiale plekke ontbreek ook."
Secunda, Escape From Johannesburg
13 Hobson"Gaan maar soos enige myndorpie in Suid-Afrika. Potholes, lang gras op sypaadjies ensovoorts."
Heilbron, Escape From Johannesburg
96 On Bree Guesthouse"Klein dorpie wat altyd pragtig was, maar nou vuil en verwaarloos."
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Three Oaks and an Aloe"My worst experience was at the cruise boat aboard at Legacy at the dam. We booked a 10h00 am boat but only boarded at 14h00 and no one bothered to explain the delays to us."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
A Touch of Grace"Potchefstroom is ryk aan geskiedenis. Pragtige en vriendelike dorp."
Parys, Escape From Johannesburg
Cottage @ 49"Ek wens ons het meer tyd gehad om al die winkeltjies te besoek het. Ons het gegaan en White River Rafting gaan doen op die Vaalrivier. Dit was amazing."
Parys, Escape From Johannesburg
Mistique Waters"Kan seker nie oor Parys kla as sekere dele van die land in net so 'n chaos is nie. Bly ons gunstelingbestemming in die Vrystaat."
Dinokeng Game Reserve, Escape From Johannesburg
Ngiri Safaris"Ons het darem diere gesien, maar daar was wel baie Privaat Ingange wat ons nie kon benut het nie, en ek dink werklik om meer van die diere in die Reservaat te kon sien, en omdat mens betaal vir meer as net verblyf, sal ek graag meer toegang wil hê om dit te kan doen. Dit sal die ervaring troef bo ander wildreservate, glo ek."
Parys, Escape From Johannesburg
Schilbach House"Parys is 'n baie vriendelike dorpie en veel om na te kyk, baie om te doen naby die omgewing."
Potchefstroom, Escape From Johannesburg
Green Meadows Apartments"Dorpie is pragtig, maar hulle paaie is baie sleg. Dis al slegte punt, dis hulle paaie."