Geverifieerde Resensie

Escape From Johannesburg

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5311 resensies.

Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg

Plaas Toe

"'n Wonderlike naweekplek vir mense van Johannesburg en Pretoria. Die bos en veld is fantasties. Daar is altyd wild om te besigtig, maar die Groot 5 is skaars. Die reservaat is 22 000 hektaar en tussen 25 en 30 olifante, so gaan net om die bos en veld te geniet. Ons het seekoei, jagluipperd en bosvark gesien wat ongelooflik spesiaal was. Gaan steek 'n vuurtjie aan onder die sterre en vergeet van die stad se gejaag."

Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg

Hogs Guesthouse

"Die padkaart kan beter wees en dit sal meer gerieflik wees as permitte by verblyf gekry kan word."

Parys, Ontsnap Uit Johannesburg

Parys Golf and Country Estate 2951

"We enjoyed walking around the town and in and out of the antique shops. Good variety of restaurants and things to do."

Bethlehem, Ontsnap Uit Johannesburg

Vredelus

"Skoner en minder slaggate as meeste van die ander dorpe waardeur ons gery het."

Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg

Die Opstal Gastekamers

"Groot, studente dorp met baie oulike eet- en kuierplekkies."

Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg

Hartedief Gastekamers

"Ons het net oornag op ons pad huis toe, maar Potchefstroom is 'n pragtige dorp."

Rustenburg, Ontsnap Uit Johannesburg

@ Home Guest House

"Potholes, two of tyres were damaged by them."

Parys, Ontsnap Uit Johannesburg

The Danes on Vaal

"Baie oulike antieke winkels en heerlike gesellige koffiewinkels en lekker etes."

Bethlehem, Ontsnap Uit Johannesburg

Die Dorpsmeerkat

"Eish - die paaie, maar die vriendelike mense maak op daarvoor!"

Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg

Mangwa Valley Game Lodge & Spa

"Het 'n fantastiese, amptelike wildrit by Mongena Game Lodge gehad. Goed bestuur en uiters netjies."

Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg

De Kleine Serengeti Game Lodge

"Die "self drive" roetes is goed gemerk en die reservaat is pragtig, daar is egter baie groot dele waar jy nie kan ry nie, omrede dit privaat grond is en besoekers op die "self drive" word nie daarop toegelaat nie. Dit is nogal 'n uitgawe om die reservaat te besoek."

Parys, Ontsnap Uit Johannesburg

Le Grand Chateau

"Loadshedding, slaggate in paaie is nogal geneig om 'n demper te plaas op wat ons eintlik be-oog om te geniet. Aanwysingsborde na spesiale plekke ontbreek ook."

Secunda, Ontsnap Uit Johannesburg

13 Hobson

"Gaan maar soos enige myndorpie in Suid-Afrika. Potholes, lang gras op sypaadjies ensovoorts."

Heilbron, Ontsnap Uit Johannesburg

96 On Bree Guesthouse

"Klein dorpie wat altyd pragtig was, maar nou vuil en verwaarloos."

Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg

Out of Africa Lodge

"Kan nie wag om terug te gaan nie!"

Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg

Three Oaks and an Aloe

"My worst experience was at the cruise boat aboard at Legacy at the dam. We booked a 10h00 am boat but only boarded at 14h00 and no one bothered to explain the delays to us."

Parys, Ontsnap Uit Johannesburg

Le Grand Chateau

"Parys is 'n klein paradys."

Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg

A Touch of Grace

"Potchefstroom is ryk aan geskiedenis. Pragtige en vriendelike dorp."

Parys, Ontsnap Uit Johannesburg

Cottage @ 49

"Ek wens ons het meer tyd gehad om al die winkeltjies te besoek het. Ons het gegaan en White River Rafting gaan doen op die Vaalrivier. Dit was amazing."

Parys, Ontsnap Uit Johannesburg

Mistique Waters

"Kan seker nie oor Parys kla as sekere dele van die land in net so 'n chaos is nie. Bly ons gunstelingbestemming in die Vrystaat."

Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg

Ngiri Safaris

"Ons het darem diere gesien, maar daar was wel baie Privaat Ingange wat ons nie kon benut het nie, en ek dink werklik om meer van die diere in die Reservaat te kon sien, en omdat mens betaal vir meer as net verblyf, sal ek graag meer toegang wil hê om dit te kan doen. Dit sal die ervaring troef bo ander wildreservate, glo ek."

Parys, Ontsnap Uit Johannesburg

Schilbach House

"Parys is 'n baie vriendelike dorpie en veel om na te kyk, baie om te doen naby die omgewing."

Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg

Klinkies

"Veral vir Universiteitsouers 'n lekker plek."

Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg

Green Meadows Apartments

"Dorpie is pragtig, maar hulle paaie is baie sleg. Dis al slegte punt, dis hulle paaie."

Blad
Blad 19 - Wys 541 tot 570

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang